e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

 

Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige

menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of

kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard

nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die

internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop

word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal

gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee

waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.


Openbaring 211
My Losser en my Lied!

Dinsdag 8 Januarie 2008 12:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
U is my Losser, U is my Lied,
deur U gaan die ewige lewe vir my geskied.
Wat kan die wêreld my in hierdie tye tot antwoord nog bied.

U is my Losser, my ewige lied,
vir U wil ek nou my hele hart bied.
Deur al my sonde, ja, deur al my verdriet,
wil ek nou dat slegs U wil in my hart geskied.
Al die glans en vermaak wat die wêreld nou uitbundig bied,
dit verdwyn in die niet,
My Koning se koms gaan nou in my hart geskied.

U is my Losser, ja, U is my Lied,
U wil ek nou my hartjie vir ewig aanbied,
vir my gaan U ʼn woning by U self aanbied.
As ʼn engel van die lig, wil Satan homself nou vir die wêreld aanbied,
die val van menigtes gaan nou ook deur hom geskied.
Maar U is my Losser, my blydskap, ja my oorwinningslied,
U koms na hierdie wêreld het vir ʼn sondaar soos ek geskied.



Openbaring 212
Stiltes voor die storms.

Woensdag 9 Januarie 2008 07:00
 
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Reeds vanuit die vroegste tye is dit aan die mens bekend dat die ergste
storms, dikwels deur die mees misleidende en intense stiltes, vooraf-
gegaan word.


Nou, meer as ooit tevore, gaan die tempo toeneem, waar alles in die natuur
gelate en in stilte gaan swyg, voordat sy haarself bulderend, in enige
denkbare storm onder hierdie son, op hierdie aarde gaan uitwoed.


Maar die stiltes wat die planeet haarself tussen aardbewing en vulkaan
gegun het, die gaan nou bykans nie meer bestaan nie, omdat deur die
voortdurende beweging van haar aardplate, die aarde nou bykans deurentyd,
iewers op haar oppervlakte, geweldige aardskuddings met gepaardgaande
vulkane gaan ondervind. 


Weet daarom ook dat die vele misleidende stiltes wat nou wêreldwyd
sporadies en dikwels, onder politieke winde gaan voorkom, slegs die
voorlopers van ongekende uitbarstings, van wêreldwye onluste en oorloë
gaan wees.



Openbaring 213
Sou die aarde tot stilstand kom.

Woensdag 9 Januarie 2008 17:15
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Indien die aarde vir ʼn enkele telling tot stilstand sou kom,
sou alle lewe daarop in ʼn oomblik omkom.
In ʼn reuse mallemeule rondomtalie alles in hul bane, ewig om die son.
In vasgestelde ordes, is elke hemelliggaam
gehoorsaam aan die hoogste Bron.


Sou hierdie aarde ongehoorsaam aan sy vasgestelde orde,
vir ʼn enkele minuut tot stilstand kom.
Sou al die baie waters van die aarde,
oor alle land tot ver in die atmosfeer oopblom.


Sou die aarde vir ʼn minuut tot stilstand kom,
sou haar metgesel- die maan,
vir ewig ook van haar baan ontkom.

Ja, sou hierdie aarde vir slegs ʼn minuut tot stilstand kom,
sou alle aardplate vir ewig van mekaar loskom.
Waar hierdie Aarde was, sal ontelbaar baie brokstukke,
in ʼn nuwe wentelbaan nou kom.



Openbaring 214
Ek sal sorg vir My kinders.

Woensdag 9 Januarie 2008 21:40
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Met slegs ʼn handvol meel sal Ek ʼn kind van My,
met soveel gawe seën.
Melk en heuning, ook brood en kwartel
sal daar in oorvloed vanuit die hemel reën.

Met ʼn edelvis of twee, sal ʼn kind van My
kragtig in die geloof, God se werksplek self betree.
Die beste voedsel sal hul aan menig honger mense gee.
Geen haar sal daar van een van Myne op hierdie aarde val.

As gawe sal Ek ook die volle wapenrusting van die hemel
aan My opregtes gee.
Ja, in veiligheid sal Ek self My kinders klee.
Doodsgevaar sal hulle met kragtige geloof,
weer vir ander uit die pad uitvee.



Openbaring 215
Sonder valse leermeesters.

Donderdag 10 Januarie 2008 13:30
http://www.openbaringe.co.za/

 
Judith de Beer
Met My menslike sending as Goddelike leraar na hierdie aarde, het Ek nie vir een oomblik My verlossende liefdesboodskap, op enige mens, deur middel van dreigemente of dwang, kom opdring of af forseer nie. Nog minder het Ek deur ʼn sieklike dwepery, die mensdom probeer manipuleer of beheer.

 

Reeds het Ek gekom om die mens van ’n bedrieglike en onmenslike tempelleer te
kom verlos. Ja, juis het Ek hulle kom leer dat elke mens hom slegs deur sy eie vrye
wil tot My kon bekeer. Elke regdenkende mens is deeglik deur My, met die nodige verstand en logika, asook ʼn gewete toegerus, sodat hy sonder die hulp van valse leermeesters, sy weg na My kan vind.

Ja, in die mees suiwerste menslike nederigheid, maar terselfdertyd ook met die grootste Goddelike waardigheid, het Ek My boodskap van geloof, hoop en Liefde, na hierdie wêreld gebring. Waarna elkeen dit in die volle vryheid van sy gees, volgens sy eie maatstaf kon opneem, om daarmee na sy eie goeddunke te kon reageer.

By vele plekke is Ek en My Woord dan ook diep versmaad. Waardig het Ek die stof
van My sandale geskud, om hierdie plekke vir altyd te verlaat. Daarom moet die wat
in My Naam, wat op die voorgrond tot ander se redding wil tree, met dieselfde
maatstaf waarmee Ek te werk gegaan het, sy naaste in respek, en ook in die volle Waarheid akkommodeer.



Openbaring 216
Eendrag maak mag.

Vrydag 11 Januarie 2008 09:00

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Dit was nie sonder ʼn goeie rede dat een van julle voorouers se goue slagspreuke as volg gelui het nie: Eendrag maak mag, en waar hierdie gesegde ookal in die praktyk van toepassing was, daar was die sterkste outoriteit, nog altyd op hierdie aarde in beheer.

As ʼn selektiewe samevoeging vanuit alle Saksiese bevolkingsgroepe, het Ek My goedbewaarde Goddelike geen, vanuit My heilige kronieke in hierdie nuwe klein suiwer ras aan die suidpunt van Afrika kom vestig.

Binne die suiwer orde van hierdie volkie, was die eksklusiwiteit van kleiner splinter- groepies heeltemal onnodig. In kort word hiermee gesê dat dit waarmee Ek julle toegerus het, juis dit is waarna ʼn hele eenwêreldorde, met naywer streef.

Reeds is julle baie klein volk in twee hoofgroepe verdeel waarvan die groot meerderheid hulself met oorgawe in die arms van die eenwêreldorde gewerp het,
om in ʼn eenwêreldsisteem geabsorbeer te kan word en sodoende heeltemal in die
niet te verdwyn.

Waar die kleiner minderheidsgroep weer so sterk op hulle Goddelike identiteit aanspraak maak dat hulle hulself ongelukkig deur die kleinste geskilpunt in talle kleiner eksklusiewe groepies laat opbreek, waar broer teenoor broer, in geswore vyandskap ondermekaar, ʼn onvergeefbare stryd sal voer oor enige iets, ja, selfs die korrekte spelling van My heilige naam. In plaas daarvan om eerder My en My wil, in liefde onder mekaar uit te leef en sodoende juis ongelooflik kragtig in My naam te
kan raak.

Ja, selektief is julle deur my, met My eie hand gekies en sou daar slegs ʼn paar van hierdie uitverkorenes in eenheid, die ware Heiligheid, naamlik die eenheid van die Goddelike broederliefde, in My naam gedenk, sou hierdie Aarde in sy korrekte orde geseënd gewees het. Die Aarde met sy bewoners, sou in oorvloed onder die hand
van Adam, in volle vrugbaarheid gebloei het.

Maar helaas, daar waar twee van Myne bymekaar is, daar hoef Satan net ʼn geskilpunt in te bring en so maklik was dit vir die vyand om My uitverkore volk tot ʼn val te bring.



Openbaring 217
Die eer van die nederigste vissers.

Saterdag 12 Januarie 2008 20:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Besig met hul alledaagse taak, om visse vir proviand en ʼn inkomste te kan vang, het nie een van My apostels, hulself vrypostig as hoë werkers vir My kom bied nie. Maar
as die groot Visser van alle vissers, het Ek self My vissers kom vang, sodat hulle, in plaas van visse, vir My mense as kinders sou vang. Oor vele belangrike mense heen, het Ek die nederigste vissers nader geroep, om My, in My Goddelike taak te ondersteun.

Daarom sal Ek altyd weer die nederigste onder julle roep, wat bereidwillig is om My in die kleinste taak, met die grootste liefde te ondersteun, sonder om jouself ongevraagd bo jou naaste aan te bied. Ja, van agter sal Ek jou na vore roep, sodat ook jy as ʼn Goddelike visser, my in hierdie tye kan ondersteun.



Openbaring 218
Die veredeling van lewe.

Maandag 14 Januarie 2008 06:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In elke saad wat daar op hierdie aarde val, is dit die Goddelike lewenskiem wat dit
deur die regte liefdes-hittegraad, tot sy soort, in lewe laat ontbrand. Uit ʼn dooie saadomhulsel tree daar met ontkieming, die lewe na vore om ʼn siklus te kan voltooi, waarin dit weer op sy beurt vrug moet dra, wat die Goddelike lewe ewig voort moet dra. So vind daar deur versnitting van takkies ook die veredeling van lewe plaas.

Ja, in eier, saad en stiggies, kamoefleer die lewe haarself so teen uitwissing en die dood. Onophoudelik vermenigvuldig die materie, om die lewensvonk van alles voort
te dra. Behalwe vir die sigbare saad, lê onsigbaar ook die spore van alle lewe se unieke DNA vir ewig in die stof van die ewigheid opgegaar.

Ja, in elke haar of sel waar dit tot ewige aardse stof vergaar. Daar rus die DNA oor ondenkbare tye tot herwinning voort. So het die lewensiklus homself as koning in
elke mens tot 'n siel voltooi. Toegerus met die Goddelike gees en vrye wil kan die mens homself nou met die ewige onverganklike lewe bind, en vir oulaas sal sy nog eenmaal 'n nuttelose saadomhulsel van die ware lewensvonk laat val, om as volmaakte lewensgees haarself met die Oerbron van alle lewe ewig vas te bind.



Openbaring 219 
Volg My.

Dinsdag 15 Januarie 2008 06:20
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
In Liefde het Ek moeitevolle paaie met My lewe hier op aarde vir sondaars oor groot distansies kom stap. Dié stap Ek nog elke dag met liefde aan die sy van elke kind van My. Al gaan dit ook hoe swaar, weet net, Ek is die heeltyd op jou moeilike lewenspad, getrou aan jou sy.

Met My pad op hierdie aarde was ’n koninklike hings My nie beskore, nog minder ’n kameel. As ’n avonturier, op ’n eksotiese dier, daarmee het Ek niemand mee bekoor. Maar met bloedblase op My voete, was Ek My dissipels op pad na sondaars, altyd
een voor.

As baba was my skommelvlug uit doodsgevaar, op die rug van die nederigste dier gewees. Gretig wou die mense My as koning ontvang, maar in purper was Ek nie geklee. Die vul waarop Ek nog eenmaal sou ry, was weer ’n nederige esel gewees.

Die bruid wat op My wag om as ’n ridder op ’n sierlike perd op te daag, die gaan teleurgesteld omdraai. Op geen eksotiese dier gaan Ek ’n kind van My kom haal.
Maar die moeë pelgrim, op sy lewenspad, gaan altyd ’n getroue Metgesel en Vriend
in My, sy Verlosser, op sy moeilike lewenspad vind.


Openbaring 220
Die ewige redding en lewe.

Woensdag 16 Januarie 2008 09:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Helder soos ʼn weerligstraal wat uitslaan van die ooste na die weste, voordat die atmosfeer sy lewegewende reën, in blydskap oor die aarde, tot nuwe lewe uitween.
So sal ook die koms van die Seun van die mens, tot ewige redding en lewe vir elke een, tot sy allerbeste wees.

Soos wat die son homself majestueus vanuit die ooste herrys, om homself ten volle
in ʼn lewensdag van glans en glorie oor die aarde, op sy heel beste uit te stort, voordat hy skaam sy kop, in ʼn sagte awendgloed tot welverdiende rus, in die weste laat sak. So sal ook die koms van die Seun van die mens, tot blye opstanding en salige rus vir die mens, tot sy allerbeste wees.

So sal ook Ek in ʼn nuwe môregloed van glans, ja, verblindend soos ʼn helder weerlig-straal in ʼn stikdonkernag, My koms aankondig in ʼn eensame sondaarhart, wat wanhopig na My, in sy siel na verlossing en redding smag. Sy siel sal Ek genees en
as die Verlosser van die mens, sal Ek in sy opstanding en ook sy rus, altyd vir hom
die allerbeste wees.