
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 201
Altyd 'n aardse koning.
Saterdag 08:00 29 Desember 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Op versoek van die wêreld is ’n koning as oordeel en straf vir die mens deur
God vir hierdie wêreld verskaf. Daarom was ’n koning in opdrag van God, deur
die hand van
ʼn profeet met olie van die aarde gesalf. Waar op sy beurt ’n ware profeet
direk vanuit die hemel gesalf is deur die Gees van God, Homself.
Vra
daarom nie vir ’n reeds verdoemde aarde die heerserstaf van ’n koning. Vra
nog minder vir die oordeel wat ’n profeet met sy mond na die aarde bring.
Gaan in die binnekamer van die hart, daar waar elke mens se heiligdom
homself bevind. Daar sal jy die ewige Koning van die Liefde vind, wat jou
self met Sy eie hand met die nodige Wysheid van die ewigheid sal salf.
Openbaring 202
Tevergeefs hulle smagting.
31 Desember 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
My woord van Waarheid sal Ek uit elke opregte hart, vanuit elke kind van My
kom
haal. As 'n oordeel sal Ek dit oor alle nasies uit laat stort. Daar waar Ek
vanuit My heilige volk sal kom, om met 'n ystersepter, oor alle volkere te
regeer.
In hierdie tye sal daar baie wees, wat My Lewende Woord, binne hulleself sal begeer. Maar omdat die lewende vibrerende Liefdesklank van My Stem nie met hulle liefdelose siele sal kan kommunikeer, sal hulle in die stilte van die mees verdoemendste nag, tevergeefs na My en die Goddelike Waarheid smag.
Uit 'n
wêreld waaruit Ek Myself gaan onttrek, gaan 'n ongekende nood wees van
wêreldwye geestelike gebrek. Oneindig gaan die eensame geestelike vlaktes
wees, waar nêrens iets te vinde gaan wees van My Heilige Gees.
Oral waar die mense My desperaat gaan soek, gaan hulle My slegs in die
oordeel van die Waarheid vind, wat Ek vanuit elke opregte hart gaan onttrek,
om as oordeel oor
die wêreld oor elke volk en enkeling uit te stort.
Openbaring 203
Verpand nooit jou kosbare siel.
Dinsdag 1 Januarie 2008 21:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Dink net nooit nie daaraan, wanneer Satan lokkend met wêreldgoedere voor jou
kom staan. Om jou kosbare siel aan hom te verpand. Al skitter wêreldgoedere
ook hoe mooi in sy hand.
Wat sal die mens hom hierna, ooit weer kan bied, as ʼn losprys vir sy verlore siel. Met sy siel het die mens al dikwels gewoeker en gedeel. Ja, daarmee het hy na hartelus gespeel. Met sy vrye wil, het al dikwels die mens, hul siel bindend in ʼn goedkoop kontrak, aan die bose vir materie verpand.
Vir ewig is daarom die verlies, van die mens se kosbaarste besit, naamlik sy enige siel. Absoluut niks is daar wat die mens nou sal kan bied, in ruil vir die terugkoop van sy Goddelike siel.
Oneindig groot is die skade en ook die verlies, van dit wat die Liefde die
mens sou
kon bied, wat in besit was, van sy kosbare Goddelike siel.
Openbaring 204
Versag vir Hom die smart.
Woensdag 2 Januarie 2008 14:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Volmaak was Hy self die lewende kruis, daar waar Hy vertikaal met Sy
Goddelike liggaam van die folterpaal vasgespyker aan Sy hande, van die
dwarslat sou hang.
Vir eenmaal was daar in die hemel die wanklank van sagte droewige engel
gesang.
Groot was hul verlange om sy bloeiende hande, teen hul engelharte vas te kan
vang. Juis deur hul liefde vir Hom, het God Sy engele se hande vasgebind,
sodat nie een
van hulle die wêreld met sy bewoners,
in hulle
woede kon verslind.
Met trooswoorde is daar plegtig aan hul belowe, dat hulle seëvierend saam
met Hom, op Sy volgende missie na die aarde sou kom. Glansryk gaan Sy engele
nou trots
saam met Hom na die aarde kom.
Vals gaan daar ʼn enkele droewige noot in hul oorwinningslied opklink, oor al die baie verlore sondaars, vir wie Hy verniet op hierdie aarde moes omkom.
Voeg daarom ook jou lied van verlossing, saam met die oorwinningslied van
hulle
wat saam met Hom op die wolke kom. Versag vir Hom daarin die smart, oor
verlore kinders wat nie huistoe gaan kom.
Openbaring 205
Die oordeelsgees van Skeba.
Woensdag 2 Januarie 2008 18:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
As oordeel staan die gees van Skeba, woedend met ʼn kapmes in haar hand.
Gestroop van al haar koper en ivoor – haar goud en diamante was vir Engeland
se kroon. Waar haar kinders nou in verre lande woon, haar eie bodem met
doodsbeendere wit vertoon.
Daar staan die oordeelsgees van Skeba, woedend met ʼn panga in haar hand. Uit
die wreed versteurde ordes van Afrika, roep woedend haar omvergewerpte
D.N.A. Soos ʼn herfsblaar wat los raak in die wind, so is ook die een, wat sy
weg na die voorvaders toe gaan vind.
As oordeel gaan die gees van Skeba, met ʼn bebloede kapmes in haar hand, ʼn
offer
van die wêreldwyses vra, om ʼn gestorwe koning die doderyk in te dra. Sonder
skroom sal die wêreldorde aan die versoek toegee. As offer sal hulle wit
duiwe aan haar gee.
Oorwinnend gaan die gees van Afrika, vanuit doodskedel na hierdie suiwer
offer kyk. Die blanke oorblyfsel aan die Suidpunt van Afrika, dié sal die
konings knipogend aan haar gee, as ʼn bloedige trofeë om so hul skuld mee te
betaal. Liberaal word menig Engelsprekende ook deur hul eie mense vir
hierdie gruweltaak versaak.
Openbaring 206
Die tyd is amper verby.
Donderdag 3 Januarie 2008 16:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die gordyne sak en die tyd is amper verby.
Wie is daar wat hom oor hierdie donker nag gaan verbly.
Orals en altyd wil alles wat leef en beef.
Heers en regeer – is waarna almal streef.
Flambojant is menig regering se konferensiesaal.
Ja, in ronde raadsaal kom die grotes bymekaar.
Om die struktuur van God se kinders uitmekaar te haal.
In bondgenootskap roep die duiwel syne bymekaar.
Al hul woede wil hulle op My uitverkorenes uithaal.
Daar waar die bose hulself hoe slim ookal vergaar.
Daar het My oordeelsengele hulself reeds klaar geskaar.
Op ʼn verhoog in die poort van Salomo, staan sterk die Vrymesselaar.
Met ʼn bondgenoot- handskud kom hulle nou bymekaar.
Die swart gerub se vlerkspan, die strek nou baie wyd.
As ʼn donker ark wil hy nou die hele wêreld omsluit.
Om sy guns, moet menig regerings en baie lande kruip.
Uit die beker van bloed en gruwels, gaan baie hulself volsuip.
Daar kom die dood, wat nou vir almal grynsend nader sluip
Die gordyne sak en die tyd is nou amper verby.
Wie is daar wat hom oor hierdie donker nag gaan verbly.
Openbaring 207
Al waaraan almal gaan dink.
Vrydag 4 Januarie 2008 17:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Angstig gaan sterwendes hoopvol na vlugtelinge wink.
Maar wie is my naaste, ja, wie is my kind.
Oorlewing is al waaraan almal gaan dink.
Bitter die alsem wat die mens vir oulaas gaan drink.
As enigste vriend word die dood nou vriendelik nader gewink.
In bunkers sal grotes van die aarde nou bewend skuil.
Teen ongekende spoed sal winde om kranse en klowe van woede huil.
Diamant en goud, alles wat kosbaar is sal die mens vir brood nou ruil.
Hoopvol sal ʼn kleuter by ʼn vreemdeling vir ʼn kossie pruil.
In verlate stede gaan wrede bendes teen die elemente skuil.
Nie een gaan in sy nood by ʼn ander oor ʼn swakheid huil.
Menig weerlose vlugtelingvroue, bring hulle na hul dodekuil.
Vir drank en sigarette word vroue laggend onder mekaar uitgeruil.
Magteloos die trane wat uit vele oë gaan blink.
Terwyl die mens magteloos van gewonde geliefdes weghink.
Oorlewing is al waaraan die mens in ʼn tyd soos die gaan dink.
In ʼn eindtyd soos die, wie is my naaste, ja, wie is my kind.
Openbaring 208
Die geweldige geestelike stryd.
Saterdag 5 Januarie 2008
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Geen geskiedkundige geestelike stryd, wat in watter omstandighede of
gebeure in
die verlede afgespeel het, kan vergelyk word met die geweldige
geestelike stryd, waardeur menig duisende van My volgelinge
huidiglik mee worstel nie. Ja, in hulle intense begeerte en
soeke, na die ontwaking van My Gees in hulle harte, wat nie
net
tot hulle eie voordeel nie, maar ook terwille van ander,
sal geskied.
Menigeen van My kinders sal kan getuig van die soms bykans
onmenslike hoogtes
en laagtes, asook die dieptes en die breedtes, van die emosionele
onstabiliteit, wat hulle geestelike groei, hulle tot dusver, teweeg
gebring het. Ja, die een oomblik ry
die geestelike stryder op die golf van geluksalige
oorwinning, net om die volgende oomblik in ʼn verpletterde hopie van onvermoë
en selfverwyt na My, sy Skepper en Verlosser, te roep.
Baie min mense is daarvan bewus dat dit juis in hierdie oomblik van
selferkende geestelike nederlaag is, wat so sonder enige pretensies geskied,
dat dit presies die regte toestand van opregte nederigheid is en dat
dit in hierdie goue oomblikke is,
waar Ek met My Gees, vir Myself ʼn woning in die harte van
My opregtes begin voorberei.
Ja, juis in hierdie geestelik stryd, lê die geheim van die dra van
die kruis, wat die ware kommunikasie tussen die Skepper en die skepsel is.
Ja, daar waar die mens struikelend val, daar gaan Ek hom opraap nog voordat
hy kan roep: "My God!
Waarom het U my verlaat". Met verbasing sal hy sien, tot wat is hy, met My
in sy hart,
in staat.
Weet daarom dat geen sondaar hoe hoog hy of sy geestelik ookal aangeskrewe
in sy eie oë is nie, My, op ʼn Goddelike vlak, in ʼn sosiale familiêre
gesprekkie gaan vind nie. Maar die goeie stryder wat my desperaat soek, dié
een sal My op ʼn goeie dag, as ʼn reeds gevestigde Inwoner, in sy eie hart
vind.
Openbaring 209
Hoe wyd was God se Hart.
Sondag 6 Januarie 2008 15:15
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Swewend soos ʼn arend in vrye vlug, wat op lugstrome van buite na
binne kring.
Waar sy in die kern van haar vlug, die ewigheid in ekstase laat sug. Voordat
sy haarself meedoënloos laat tuimel in ʼn dodelik val, om akkuraat haar prooi
te kan
vang. Ja, hoe wyd is die moederhart van die heel kleinste valk, wat haar oë
na die
verte oopspalk, om voedsel na kleine snawels te kan vat.
Hoe wyd was die hand van God, wat geopen het om Sy skepping met
deernis te
kon omvat. Daar het Hy in die kern van sy Liefde, engelskare van ekstase
laat sug.
Homself het Hy laat kruisig, om ontelbaar baie siele voor die poort van die
hel weg
te ruk.
Ja,
hoe wyd was die Goddelike Vaderhart wat alleen in Sy smart, deurdringend Sy
oë na die ewigheid sou rig, om verlore kinders na veiligheid te bring.
Openbaring 210
Die Weste se val.
Maandag 7 Januarie 2008 14:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Sluimer, saggies sluimer. Lomerig dut ʼn selfvoldane reus.
Soos ʼn vuis vanuit die bloute, gaan kernwapens op haar reën. Vanuit alle
volkere, was hierdie wit ras die mees geseënd.
Geval, geval het klaar die dubbel toring, van die ewig verlore skaap. Ja, in die duister wat nou skelm oor die aarde fluister, sal rooi en geel heeltemal onverwags, vanuit die see en lug na hierdies kom.
Terwyl die Weste saggies sluimer, gaan haar vyand die slag van Pearl Harbour na ʼn kinderteepartytjie laat lyk en dit wat van haar oorbly, gaan nooit weer tot sy prag kan herrys.![]() |