
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 191
Hier is ek nog ʼn keer.
Dinsdag 18 Desember 2007 16:10
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Na My toe sal My kinders hardloop keer op keer.
Uit asem sal hul roep: Abba Vader hier is ek weer.
In volle liefde sal Ek My aangesig na hul keer.
Teen My Vaderbors sal Ek hul vashou baie teer.
Wat
ookal in hierdie tye op die aarde gaan gebeur.
Angstig hoef My kinders nooit oor My afwesigheid te treur.
My beskermende hand sal My kinders nooit nie hoef te verbeur.
Al wil Satan alles voor die voet verskeur.
Die
son en die maan, ja, die lugruim sal homself met bloed inkleur.
Die oseaan sal al wat vasteland is, in woede verskeur.
Waar majestueuse berge hul staanplek vir ewig gaan verbeur.
Sal lawa die buik van die aarde wreed oopskeur.
Na My toe sal My kleintjies hardloop weer en weer.
Uitasem sal hul roep: Abba Vader hier is ek nog ʼn keer!
In volle liefde sal Ek My aangesig na hulle keer.
Teen My Vaderbors sal Ek hul vashou baie teer.
Openbaring 192
Korrupte
regeringsbeheer.
Woensdag 19 Desember 2007 14:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die węreldpopulasie is in twee groepe verdeel.
Die kleiner groep wat die massas die heeltyd wil beheer.
Soos ʼn parasiet wat die heeltyd op sy gasheer teer.
Moet almal swoeg en sweet onder korrupte regeringsbeheer.
Word
konings en regerings vir mekaar nou oor en weer kwaad.
Is dit die slaaf en dwaas wat sy eie lewe moet versmaad.
Met sy lewe moet hy lojaal nou met sy bloed betaal.
Vir ʼn mensgemaakte koning moet hy nou in die graf afdaal.
In ronde raadsaal sit alewig die regeringsmeneer.
Self gesalf met goud en olie het hul hulself besmeer.
Vanuit die geskiedenis kan die mens nooit nie iets leer.
Op slaaf en dwaas, dit is waarop die konings nog altyd teer.
By My kom die verdrukte dikwels hul lot bekla.
Van My wil hulle weet hoekom is die lewe tog so swaar.
In bloed moet hulle vir hul brood betaal.
Die bietjie wat hul spaar, kom die staatskas nog uit hulle haal.
Die
węreldpopulasie is in twee groepe verdeel.
Die regeringsgroep gaan Ek met Goddelike mag uitmekaarskeur.
Die parasiet gaan geen gasheer hę om meer op te teer.
Deur vraat- en hebsug het hulle alle mag verbeur.
Losbandig gaan die meerderheid nou wees, in hulle vryheidsgees.
Elke een gaan nou sy eie koning hier wil wees.
In die dood en chaos wat nou oral gaan heers.
Gaan elke goeie mens vir sy lewe vrees.
So sal
die kwaad met sy swaard teen kwaad kom staan.
Die lewe sal hulle woedend uitmekaar uit slaan.
Apart sal My getroues verbaas eenkant rondstaan.
Na veiligheid sal My heilige engele vir hul ʼn weg oopbaan.
Met
rentekoers en goud sal regering vir oulaas wissel en deel.
Met ʼn węreldoorlog hul mag voor alle oë uitspeel.
Vir oulaas word die kaarte vir die laaste maal gedeel.
Ek self kom vir ewig hul lot vir hul verseël.
Openbaring 193
Die sakgekledes of Ek?
Donderdag 20 Desember 2007 09:50
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Soos reeds genoem in ’n vorige openbaring aan jou, is die verskyning van die
twee getuies, en in die besonder, die manifestering van Elia, vir die
meerderheid van die eindtyd gelowiges, meer belangrik as die neerdaling van
My Gees in hulle harte,
asook My Persoonlike Wederkoms self.
Menigeen beskou homself dan ook as die gemanifesteerde persoon van een van
hierdie twee getuies, en so is die boodskapper besig om ’n baie meer
prominente
plek as die boodskap self in te neem.
Soos
soveel maal tevore, deur soveel eeue en omstandighede, asook soveel male
in julle eie persoonlike verhouding met My, moet Ek- die veronderstelde
Meester
van julle harte- opsy staan sodat julle persoonlike voorkeure voorrang kan
geniet.
So
word die veronderstelde Blye Boodskap van:
“Kyk, ons Meester en Verlosser kom!” met die volgende vervang:
“Kyk, die voorlopers, ja, die sakgekledes kom!”.
Wee
aan hierdies wat so op die wederkoms van die boodskappers fokus, sodat hulle
die Blye Boodskap mis. Volgens die begeerte van hul hart, sal die
boodskapper met
sy oordeel hul deel word, terwyl die Blye Boodskap self, hulle sal
verbygaan.
Openbaring 194
Visioen van die draak.
Donderdag 20 Desember 2007 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In ’n visioen het ek die volgende gesien:
’n Sagte ronde draakliggaam, waaruit twee lang gespierde nekke gegroei het.
Elke
nek het ’n sterk kop voortgebring. Hierdie draakkoppe was oortrek met
staalskubbe
en toegerus met dodelike tande.
Hierdie twee koppe van die een draaklyf het ’n bloedige stryd met mekaar
aangeknoop. Die een drakekop het die ander oorwin. Terwyl die oorwinnaar
weg- gewaggel het, het die ander, oorwonne kop, aan sy eie nek agterna
gesleep. Dit het
die draak geweldig gehinder en teruggehou.
Om van
hierdie las ontslae te raak, het die ‘lewende’ kop met sy tande die ‘dooie’
kop se nek begin afkou. In die proses het die draak soveel bloed deur die
ander nek verloor, dat die oorwinnaar ook dood op die grond geval het.
Verklaring
In benoudheid het ek vir ʼn verklaring van hierdie verskynsel gevra en die
volgende antwoord ontvang: Rusland, Iran, Korea en nog ander Arabiese lande
en Oosterse lande, asook sommige Afrika lande sal in ʼn bondgenootskap gaan.
As ʼn magtige węreldmoondheid sal hulle die Westerse moondheid ʼn noodlottige
nekslag toedien. Maar in die proses sal hulle self ondergaan.
Openbaring 195
My ware kinders.
Vrydag 21 Desember 2007 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
’n Opdrag het Ek in My ware kinders se harte laat ontvlam, om tot ontwaking
in liefde vir My te ontbrand. Gehoorsaam aan My stem sal hul węreldwyd as my
ware volgelinge opstaan. Toegerus met Goddelike wysheid en krag sal hul bly
staan, terwyl die hele węreld val. Vreesloos en dapper sal My kleine
bataljon die antichris en sy bose gevolg verstom.
My swaard van vergelding se geheim sal in hul onttrekking vanuit die węreld
wees.
My
Gees van Wysheid, Voorspoed en Welvaart was vir die węreld in die bloedlyn
van Jakob gewees. Daarom sal Ek in hierdie tyd van verwoesting, aan Esau sy
erfporsie
as brandoffer teruggee.
’n
Węreld wat in chaos sal muit, sal alles wat die beskawing bied, in waansin
buit. Dit wat hul nie vir hulself sal kan toe-eien sal as rookwolke die
węreld vol verskyn. Net soos met Moses van ouds, sal Ek Myne in skippies van
Goddelike Liefde en hoop veilig van die węreld weghou.
Plekkies van bewaring is daar deur My engele vir hul voorberei. Aan die
einde van die tyd van vernietiging sal hulle wees, my enkele dapper, kleine
menseskaar.
Openbaring 196
My
martelare.
Sondag 23 Desember 2007 09:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
As agtergrondmusiek sal
sag die engelekoor,
as ʼn eenheidstem van ʼn volmaakte tenoor,
geheel die ewigheid met hulle Goddelik sang bekoor.
In die sagte toon van die
langverwagte oorwinningslied,
gaan alles in My Skepping, hulself in ongekende blydskap verloor.
Oorwinnend sal hierdie soete
klankfrekwensie,
oorgaan tot die hoogste volmaakte Goddelike toon.
Verheerlik sal My martelare hulself nou kom vertoon,
hul klaaglied gaan verander tot die blydskapsboodskap,
van die ganse engelekoor.
Alles in My skepping gaan in stilte
verstom,
met die woorde van die langverwagte nuwe lied,
wat uit die mond van My maagdelikes gaan kom.
Ja, op die golwe van melodie en klank,
met agtergrondmusiek van engel gesang,
gaan ons God en Skepper, ja, ons Liefdevolle Vader,
na alles in sy oneindigheid toe kom.
Deurdring van hierdie soete heilige
klank,
gaan elke Sionskind van God,
tot sy persoonlike
volmaaktheid kom.
Openbaring 197
Met Kerslied en kandelaar.
Dinsdag 25 Desember 2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In My naam Het Mammon vir
homself,
ʼn geboortedag uit die
kalenderjaar gaan haal.
Vanuit die industrie het
hy vir homself ʼn seun,
met die naam ekonomie
gebaar.
ʼn Feesdag het hy vir die hele węreld
daargestel,
om handelsgoedere voor
gierige Christen-oë uit te stal.
Elke geloof wyd en syd,
sal hierdie dag met oorgawe uitbuit.
Laggend word die
Christendom nou van swaarverdiende geld gemuit.
Met Kerslied en kandelaar,
ja met heidense gebruik,
speel menig
Christengelowige op hierdie dag die vrolike martelaar.
Plastiek engeltjies wat saam met
klokkies van boompies hang,
herinner aan
kinderkoppies wat vir Nimrod
as geskenkies van boompies hang.
ʼn Dag van kerse, ja, ʼn
Kersdag om My geboorte te bepaal,
is nęrens in My Woord
deur ʼn pen verhaal.
Vir jul het Ek die boodskap gelaat,
kom dikwels bymekaar en
herdenk My dood
met die breek van die
lewende woord.
Verlossend sal My
geboorte in baie harte geskied.
Die geskenkies wat julle nou aan
vele sal bied,
sal tot die ewige lewe
vir hul geskied.
ʼn Feesdag sal elke dag
van die ewigheidskalender nou wees.
Glansend sal My heilige
Naam as versieringskroon,
op elke koningskind van
My nou wees.
Openbaring
198
Hoogmoedige diamant.
Woensdag 26 Desember
2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de
Beer
Hoe betowerend ookal die
kleure straal van die mees volmaakte diamant, deur die regte hittegraad,
verdamp die hardste kern tot ʼn nuttelose koolstofdamp. Die prag
van sy illusie is geleë in die digtheid van dit wat nooit nie was.
Ja, van alles wat is en was, bly daar net soos met ʼn uitgebrande diamant, net ʼn nuttelose koolstofdamp. Begeer daarom nie daarna, om soos `ʼn vonkelende harde diamant, strale van die grote son op te kan vang, om in hoogmoed ʼn ydelheidstraal oor ander siele te laat ontbrand.
Streef liewer daarna om soos ʼn
nederige fakkel in ʼn stikdonkernag, vir ander ten
koste van jouself uit te kan brand.
In die sagte hitte en
gloed van hierdie sterwende liefdeslamp, sal trots die Bruidegom, Sy bruid
vir alle tye kom haal en soos ʼn lewende Liefdes Son, sal sag Sy Volmaakte,
Vonkelende Straal, oor haar in Goddelike Liefde ontbrand.
Openbaring 199
ʼn Goddelike Trofee
Donderdag 27 Desember
2007 14:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die grootste wedloop van
die tyd is nou aan die gang en as ʼn Goddelike trofee, is dit Ek as die Seun
van die Mens, wat die wenners self gaan vang.
Die beste atlete vanuit die ewigheidstyd, neem nou deel aan hierdie wedloop
teen die tyd, om die wenstreep voor die eindtyd te kan bereik.
In hierdie stryd, stamp en stoot
ewigheidsvriende mekaar meedoënloos vanuit hul pad. Ja, die mens wat God in
hierdie eindstryd van die tyd, so graag met hierdie wedloop wil bereik,
behoort sonder enige voorbehoud, in ware liefde te halt, om ʼn medeloper in
sy val ʼn helpende hand uit te kan reik.
In plaas hiervan sal
menig naelloper in sy haas, sy naaste brutaal vanuit sy wedloop pad uitstamp.
Die wenner van hierdie stryd, wat oorwinnend oor die wenstreep gaan pyl,
gaan verbaas tot stilstand kom, omdat Ek hom nie as die wenner gaan vang.
Haastig sal Ek hom verbygaan, waar
Ek die verloorder in sy moeë stryd, tegemoet sal gaan, daar waar hy swig
onder die gewig van gevalle mede- naellopers, waar hy hulle, na die
wenstreep toe dra.
Seëvierend sal Ek sy moeë hand, as die oorwinnaar, draer van sy kruis,
omhoog hou, as die volmaakte wenner van die eindstryd
Openbaring 200
My nederige groepie.
Vrydag 28 Desember 2007 10:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Na ʼn kleintjie wat dink hy is groot en wys, na hom sal Ek glad nie kom. Maar
ʼn grote wat dink, voor My is hy maar baie klein, na hóm sal Ek in hierdie
tye kom.
Om in grootheidswaan, pronkerig in My naam, vir eie voordeel groot te wil
praat, vir hulle het die tyd van baie praat, nou min geraak.
Reeds
is My aartsengele besig met hul taak, om Myne vir die groot dag van alle
dae,
vir die laaste oorlog bymekaar te maak. Een vir een sal Ek hul węreldwyd
vanuit groot en kleiner groepies, as My Gideonsbende, bymekaar laat maak.
Verbaas sal die hele węreld staan, wanneer hul God se nederige groepie,
sonder enige wapens, met leë hande sien staan. Vanuit kreupeles en lammes,
ja, ook eenvoudiges van verstand, daaruit sal die grote krag van God, na
hierdie węreld kom.
Met
atoombom en kernkrag, ja, ʼn eenheidsweermag van ongekende krag, daarmee
sal Satan My nederige groepie minagtend mee betrag. Hemelwesens gaan as
stille getuies, die finale slag betrag, wanneer nederig My groepie in stilte
en gebed, ʼn hele węreldmag in die stof gaan laat val.
![]() |