
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 181
In natuur en mens is ʼn afwagtingsgees.
11 Desember 2007 Dinsdag 08:55
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In natuur en mens is daar ʼn afwagtingsgees.
Dit alles kan mens in die tekens van die tye lees.
In Afrika gaan daar chaos heers.
Wit gaan swart in doodsangs vrees.
In oorlogsdans gaan voete op die aarde stamp.
Doodstank gaan daar hang in ʼn bloedige damp.
In
woede gaan die aarde haarself oopskeur.
Die mens het alle kans op verbetering verbeur.
Siekte en dood gaan daar oral wees.
Skaars gaan wees die Goddelike oorlewingsgees.
Weereens sal daar wees, ʼn bloedige terreur.
Alle ordes hier op aarde is versteur.
Ja, in natuur en mens is daar ʼn afwagtingsgees.
Dit alles kan mens in die tekens van die tye lees.
Openbaring 182
Visioen van 'n kluis.
Dinsdagmiddag 11 Desember 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In ʼn visioen het ek ʼn skarnier gesien wat in ʼn vierkantige sementblok
gemonteer was. Hierdie skarnier was aan ʼn kluisdeur geheg. Die deur het
oopgegaan en ek het verwag om iets kosbaars soos diamante daarin te sien.
Binne die kluis was egter ʼn pikswart oneindige nag teenwoordig.
Openbaring 183
Visioen van ’n babaseun.
Woensdagoggend 12 Desember 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Skielik het ek weer dieselfde kluis gesien en weer het ek verwag om
ʼn kosbare skat van diamante te sien, maar in die plek van die duisternis
het ek ʼn pragtige babaseun, geklee in slegs ʼn doek sien lê.
Openbaring 184
Julle laat ander volkere vir My lag.
Woensdag 09:40 12 Desember 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Verskuil in Simson was My grootte en My krag.
Daarmee het hy ander volkere vir My laat lag.
Onder hierdie nasies het hy in duisternis versmag.
Eensaam en alleen was hy in sy donker nag.
So staan ook julle volkie in My grootte en My krag.
Daarmee laat julle ander volkere vir My lag.
Daarom sal ook julle in jul eie duisternis versmag.
Eensaam en alleen sal jul wees in jul donkere nag.
In ʼn eensame kerker sal jul na ʼn lang gewag,
in jul harte leer om na My en die Waarheid te smag.
Blind en kinderlik sal jul gaan, na jul selfgeskepte pilare prag.
Self sal julle vernietig die duisternis van julle verblindende nag.
Die tydperk van julle selfverwytende lang gewag,
is selfbepalend na die graad waarmee julle na My smag.
Openbaring 185
’n Ongekende koue.
Donderdag 13 Desember 2007 07:45
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
’n Ongekende koue gaan daar oor groot dele van Europa, Amerika en Asië wees.
Ja, ysig gaan die handskud van die dood vir vele wees. Swaar gaan wees die
sneeu wat vele konstruksies plat gaan lê. Waar die menslike populasie baie
dig gaan wees, gaan krag en gas vir verwarming ʼn groot tekort wees. Vreemdes
sal mekaar in naasteliefde vind, omdat hul mekaar se liggaamshitte met hul
eie liggame sal verslind.
Die koue en die weer, asook die baie sneeu, gaan die verkeer op land en in
die lug aan bande lê. Moeilik gaan dit vir vele wees, om proviand aan hul
gesinne te kan gee. Ja, oral gaan daar swak en siekes wees, wat die groot
koue nie gaan kan oorleef.
Openbaring 186
Vele wil nou van My getuig.
Saterdag 15 Desember 2007 09:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vele is daar wat nou van My wil getuig,
Maar min is die wat onder My juk kan buig.
Terwyl die wêreld die ware liefde uit jul suig.
Begin die donker engele oor die mens se val nou juig.
Soos doringdistels staan die sonde baie ruig.
Voor Satan is dit wat die mens nou diep voor buig.
Waar en vals is baie moeilik om van mekaar te skei.
Daar is min wat die waarheid van die leuen kan onderskei.
My koms- die wil Ek in My volgelinge se harte voorberei.
Heilig is die maal wat hulle saam met My sal eet met Goddelike eetgerei.
Vir vele sal hulle dit weer op hul beurt bedien.
Met Liefde het Ek dit vir baie voorberei.
As herders sal hulle die skape van die bokke skei.
Vir My kudde is daar ʼn Goddelike kraal in die hemel voorberei.
Ja, vele is daar wat nou van My wil kom getuig.
Openbaring 187
Profeteseuns
om ’n brouselpot.
Saterdag 15 Desember 2007 12:07
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Om ʼn
brouselpot het menig profeteseuns gesit.
Giftig was die plant vanuit hul bose hand.
Self het hul geëet van die bose vrug van hul eie verstand,
In die sterwensoomblik van hul gees,
Sal hul weer by My en die Waarheid wil wees.
So sal Ek vir hul stuur die Opregtheid van My Gees.
Wat met die waarheidsplant deur ʼn profetehand.
Die brousel en die leuen,
wat hom skuilhou in hul gemeenskaplike band,
alle leuens daarvan, uit sal brand.
Nota:
Die Gees het my na die woord verwys
en ek het die volgende gevind: II Konings 4:38-44.
Openbaring 188
Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend.
Sondag 16 Desember 2007 dagbreek
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Van heinde en verre sal menigtes kom.
Oor heide en velde sal My kinders blom.
ʼn Nuwe lied sal hul vir My- hul Vader sing.
ʼn Pasgebore kind sal Sion vir My huis toe bring.
Honderd-Vier-en-Veertig-Duisend sal wees die totale som.
As versamelplek sal baie na Suid-Afrika toe kom.
My Gees sal Ek self na My kinders hier op aarde bring.
Eerbiedig sal Mammon en sy nasies in stilte verstom.
Wanneer hulle My op die wolke van geloof sien kom.
Verseël in liefde sal wees elke kind, ja, elke Goddelike enkeling.
Niemand sal daar wees wat onheil na hierdies toe kan bring.
Van heinde en verre sal menigtes na hierdie landjie kom.
Oor heide en velde sal My kinders vir My oopblom.
ʼn Nuwe lied sal hul vir My, hul Koning en Verlosser sing.
ʼn Pasgebore baba sal Sion vir My, hul Vader bring.
Openbaring 189
Judas as voorbeeld.
Maandag
17 Desember 2007 09:50
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Dikwels word aan julle gesê “ken die geeste” en vra
daarom ook vir julself die gawe van die onderskeidingsgees. Om vir julle
meer duidelikheid hieroor te gee, gaan Ek
as voorbeeld die apostel Judas aan julle gee.
Sy mees herkenbare eienskap en handelsmerk was die gemeenskaplike beurs, wat
hy as ʼn onafskeidbare deel aan sy persoon moes dra. Die gewig daarvan hoe
swaar
of lig dit ookal was, het deurentyd ʼn invloed op sy karakter gehad, wat die
graad van sy swaarmoedigheid of blydskap bepaal het. Sy opdrag om My as ʼn
leerling te volg, het met die gewig van Mammon op sy heup, vinnig in die
niet verdwyn. In plaas daarvan om sondaars na My te lei, was hy deur die
vrolike klank van geld verlei.
Op ʼn goeie dag het sy twee liefdes voor hom kom staan en sonder om te wik of
te weeg, ja, te blik of te bloos, het sy keuse manhaftig op geld kom staan.
Terselfdertyd het hy ook vir My as ʼn winskoop, vir dertig silwerlinge
verkoop.
Vra daarom vir die Godgegewe onderskeidingsgees en vinnig sal Hy julle leer om te kyk na die beurshantering van elke gees. Vinnig sal jul van hul karakter leer, dat wanneer die gewig van hulle beurs swaar na die aarde en sy materie hang, dat deur die swaartekrag daarvan, ook hul harte oor die ewige afgrond hang.
Wanneer
hierdie beurs weer te lig om hulle lendene hang, sal hul sonder om te blik
of te bloos, My as winskoop van die dag, as uitstalgoedere om hulle nekke
hang en
as gewetensartikel sal hul My aan almal smous. Die armes sal hul as front
voorhou.
Ja, deur
menige Judas, is Ek deur baie eeue heen, vir ontelbaar baie dertig
silwerlinge gesmous.
Openbaring 190
Hosanna sal die Jodedom gierig sing.
Maandag
17 Desember 2007 16:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Hosanna, Hosanna sal die Jodedom nou uitbundig sing.
Die valse vredevors is vir hul na hierdie wêreld
gebring
Hosanna, Hosanna sal dit nou luid oor die hele wêreld
klink.
Die wyn van gruwels is in die beker van Babilon, vol
geskink.
Uitbundig
sal die antichris lag, terwyl hy homself vrolik toesing.
Ja, Hosanna, Hosanna sal Lucifer homself pronkerig
toesing.
Hosanna vir die een wat oor elke bank en land regeer.
Ja, Hosanna vir die een wat die hele wêreld nou
beheer.
Rooi
gekleur in baie bloed, sal wees sy heerserskleed.
Vir die laaste oorlog is baie lande nou gereed.
Hosanna, Hosanna sal die wêreld vir die valse
vredevors nou sing.
Terwyl hulle massas vir hom om die lewe bring.
Hosanna,
Hosanna sal die Jodedom nou gierig sing.
Die valse vredevors is deur Judaïsme na hierdie
wêreld toe gebring.
![]() |