e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

 

Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige

menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of

kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard

nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die

internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop

word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal

gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee

waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.


Openbaring 171
Die geestelike weer- of hergeboorte.

Donderdag 15 November 2007 08:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die geestelike weer of hergeboorte van die mens word altyd voorafgegaan
deur 'n selfreinigende proses. Hiermee word soveel gesê dat die mens
met erns daarin moet poog om homself so goed dit menslik moontlik is
van alle selfgesentreerde en egoïstiese eienskappe, soos byvoorbeeld
selfsug, eiedunk en hoogmoed en diesmeer te reinig.


Omdat elke mens in 'n onvolmaakte geestelike toestand gebore en ontvang
is, word dit juis vir hom as 'n geleentheid gebied om met sy vrye wil en My
hulp na sy volmaakte toestand op aarde te streef. Indien die mens nie van
hierdie geleentheid gebruik maak nie, het hy 'n eenmalige geleentheid in sy
eie ewigheid verspeel.

Indien hy egter hierdie proses van wedergeboorte en daardeur die strewe
na sy vervolmaking met erns aanpak, sal Ek hom soos 'n sagte koel bries
nader. Ek sal hom in sy volle menswees met My alomvattende liefdesgees
omhels en omvou. Vanuit hierdie toestand sal die mens as 'n volmaakte
unieke identiteit, dienend na vore tree om in Waarheid en Liefde werksaam
in die Goddelike orde te raak.


Vanuit sy opnuut geskape en gewekte gees kan hy nou vanuit sy ewige lewende
kern, die volgende bekende woorde spreek:
Nou leef nie meer ek nie, maar die Volmaakte Gewer van alle lewe, leef binne my.
 

Openbaring 172 
Politiek en kerk indoktrineer mense.

Donderdag 15 November 2007 11:30
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Om na vryheid en onafhanklikheid te streef is 'n ingebore kwaliteit wat deel
van elke potensiële Goddelike kind is. Wat ook die herkenbare verskil is tussen
'n altyd inskiklike wêreldburger en My soms rebelse kinders, wat sterk op hulle
eie indiwidualisme en identiteit aanspraak maak. Hulle is nie bereid om hulle Godgegewe vryheid vir enigiets wat hierdie wêreld bied te verruil nie.

Ja, deur baie eeue en vir geslagte lank is die mensdom deur politiek en kerklike instansies so geïndoktrineer dat hulle vas daarvan oortuig is dat dit vir hulle
slegs moontlik is om in 'n voorgeskrewe sisteemraamwerk as eendersdenkende kuddediere te kan oorleef en funksioneer.


So is groot gedeeltes van die mensdom in 'n rigiede samelewing tot kopiërende
diere omvorm, wat alles wat aan hulle voorgeskryf word, soos goedafgerigte papegaaie gehoorsaam en naboots, hetsy dit kleding, spraak, geestelike groei en ontspanning is.

 So is dit 'n eenwêreldorde wat as die alleen poppemeester die massas dirigeer,
terwyl hulle as willose diere 'n dooiemansdans, ter ere van die god van die wêreld, "Lucifer" soos siellose zombies uitvoer.
 

Openbaring 173 
Leer uit My kruisiging.

Woensdag 21 November 2007
 
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Met 'n somtyds bloeddorstige behae ontleed die mens elke moontlike bloedige
detail van My kruisiging en leef hulself met 'n tipiese Middeleeuse swartgallige bloedgenot daarin uit, en word die grootste Goddelike verlossingsdaad van alle
tye en ewighede en wat deur My nie net met die grootste menslike nie, maar ook Goddelike waardigheid geskied het, tot 'n goedkoop moderne riller omvorm.

Met die uitblaas van My laaste asem van My materiële liggaam, het Ek dit moontlik vir alle wesens gemaak om vry van die bindende bande van die materie en daardeur die sonde te raak. Dit is die grootste geskenk wat die Godheid deur middel van die Seun van die mens ooit aan alle skepsele van alle ewighede bewys het. My kruisdood was, is en sal nooit 'n sweep wees waarmee Ek My kinders dreig, afpers of mee slaan nie.

Leer daarom die volgende vanuit My kruisiging:
Net soos wat My aardse liggaam op die kruis by Golgota gesterf het, so moet julle in julle sondige aard sterf. Soos wat ek in 'n verheerlikte liggaam vanuit 'n dooie materiële toestand opgestaan het, net so moet julle deur 'n vasberade besluitneming, vanuit julle sondige dooie natuur, tot die ware lewe in My ontwaak.

Terwyl julle dan julle ou sondige natuur, saam met My kruisiging begrawe,
kan julle terselfdertyd met 'n verlossende vreugdevolle gemoed, My en julle opstanding vier.



Openbaring 174
Nagevolge van dwang tot eenvormigheid.
 

Donderdag 22 November 2007
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer

Die eendenkende riglyn wat deur die Wêreldorde daargestel is om deur middel van massabeheer, volle beheer oor 'n totale wêreldbevolking te kan verkry, dra sterk daartoe by dat daar 'n innerlike rebellie by sommige individualiste ontstaan, wat in noue kontak met hulle vrye wil en identiteit wil wees.

Dit het tot gevolg dat sommige mense so in opstand teen die aanvaarbare gebruik
van die dag kom dat hulle hulself deur 'n onaanvaarbare rebelse gedrag, teen 'n sisteem uitdruk wat almal tot eenvormigheid wil dwing.

Ongelukkig ontstaan daar vanuit hierdie situasie die misbruik van drank, dwelms en ander gruwels wat weer tot misdaad en ander ongerymdhede lei, wat op die lange duur 'n nadelige uitwerking op enige beskawingspeil, goed of sleg het en ook hier,
lag Satan vir die mensdom in die mou.



Openbaring 175
Die koninkryk van God het naby gekom.

Vrydag 23 November 2007
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Die gejubel van die mensdom sou onophoudelik oor die oppervlakte van die aarde weerklink het indien hulle tot die volle besef kan kom oor hoe naby die koninkryk van God, tot die mens, in hierdie dae gekom het. Ja, die volheid van die Heilige Gees wat self deur die verheerlikte Seun van die mens toegelaat gaan word, om tot volle manifestasie binne die menslike identiteit te kan ontwikkel.


Net soos wat 'n meesterskilder, die meesterstuk van sy lewe met die ondertekening van sy naam tot voltooiing bring, om dit daarna as fees vir die oë uit te stal, sodat die besigtigers daarvan, nie net behae daarin kan vind nie, maar ook hul gees daardeur kan verryk en ontwikkel, net so is die diktaat en geïnspireerde woord vanaf My deur jou daarop gemik om by te dra tot die ontdekking, asook die ontwaking en ontwikkeling van die Goddelike Gees, wat binne elke persoon teenwoordig is.


Indien die mens tot die volle besef sou kon kom dat hyself die Goddelike onsterflike lewe is, wat hy binne homself dra.
Ja, as hy in hierdie wete tot volle wasdom kan ontwaak, sou hy tot die bykans onmoontlike besef kom dat hy net soos Adam die lewende asem of lewensvonk van die Godheid self is.


By hierdie volle besef sal die Goddelike Liefde tot volle wasdom in die mens
ontwaak en as 'n volledige wedergebore kind, sal elkeen se individuele gawes
of talente geaktiveer word sodat elkeen werksaam
as 'n afsonderlike deel van
My liggaam kan word.


Die mens is geneig om die Goddelike gawes tot genesing, die spreek van tale, die gawes van profesieë of skrywers te beperk. Maar daar is oneindig baie, waarvan die gawe van skepping, die grootste is.



Openbaring 176
Die lig van geregtigheid.

Dinsdag 27 November 2007
http://www.openbaringe.co.za/


Judith de Beer

Hierdie hemel en aarde sal in sy huidige toestand verbygaan. Sy plek soos wat hy nou daar uitsien sal daar nie meer wees nie.

En kyk, ek het 'n vrou gesien en haar voorkoms was die van 'n mens, maar in haar borskas, daar waar haar hart sit, het ek 'n lewende son van God sien skyn. Die lig van hierdie son was direk vanaf die troon van God oor haar uitgegiet. Soos wat die aarde in sy sondige nag al hoe dieper in sy duisternis weggesink het, so het hierdie son van geregtigheid al hoe meer ontbrand


Daar was niemand wat rein genoeg op hierdie aarde was om die glans van hierdie
Lig te kon verdra nie. Selfs die vrou se oë was vir hierdie Lig versluier. Nou het die
tyd naby gekom vir die son van geregtigheid, om oor die aarde losgelaat te word.

Aan die suidpunt van Afrika sal hierdie Lig van geregtigheid in sy volle gloed begin skyn, om alles wat onrein is, vanaf die aarde te reinig.
Vandaar sal dit oor die hele kontinent versprei om hierna die hele wêreld
te oordek.

Die vrou self, saam met haar gelyksoortiges, sal op 'n plek van veilige bewaring, wat deur Myself voorberei is, gebring word, om as 'n nuwe suiwer ras, 'n nuwe smetlose aarde te berei. Geseënd is hierdie heiliges omdat die dood van hierdie tydvak geen mag oor hulle sal hê nie.


Openbaring 177
Die begrip pyn, fisies en geestelik.

Donderdag 29 November 2007
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Vir tweeduisend jaar is baie gelowiges van elke tydvak geneig om op die liggaamlike pyn wat Ek met My kruisiging deurgemaak het te fokus en sal ons daarom vandag
by die begrip pyn, stilstaan.

Daar is twee fasette onder hierdie begrip waarvan die een fisies en die ander geestelik is. Eersgenoemde is op die liggaam en daarom die materie van toepassing en wat
deur My wysheid, as 'n suiweringsvuur daargestel is, om deur middel van liggaamlike loutering, die mens tot goue Geestelike suiwering te bring

 Die teenpool van pyn is genot en deur genot bring My teenpool, "Lucifer" weer op
sy beurt die mens tot 'n val. Deur hierdie val delf en dool die mens weer al hoe dieper in die materie van sy aardse vlees, op soek na nog meer sinnelose genot en word so begrawe in die ewige verganklikheid van die materie en daarom die dood.


Ja, dit is dikwels die liggaamlike pyn wat daartoe bydra dat die mens in deemoed na My om hulp roep, sodat Ek op My beurt hom op 'n diskrete wyse kan onderskraag
en bystaan, sodat hy nie net liggaamlike nie, maar ook geestelike voordeel uit 'n onaangename pynlike situasie kan trek.

Daarom is dit dat Ek die mens deur pyn en nie genot nie, nader na My toe trek.

Met my kruisiging het Ek Myself van niks gespaar, van dit wat Ek in My Wysheid daargestel het, om die mens op sy ewigheidsweg na My te lei nie. In My aardse
vlees, het Ek die volle smartlike beker, van die liggaamlike lyding geledig, om ook
dit vir die mens te volbring.


Openbaring 178
Dikwels was julle sag vermaan.

Maandag 3 Des. 2007 03:30

http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
As erfdeel sal Ek ʼn nuwe Aarde aan My kinders gee.
Elke wêreldling sal Ek uit die boek van die lewe vee.
Al sy krag is hom ontneem,
deur die mens wil Satan nou My skepping begeer.

Listig het hy homself oral oor die wêreld ingefiltreer.
Met bose mag wil hy oor elke land en kind regeer.
Deur valuta, bank, kerk en politiek wil hy elke indiwidu beheer.
Deur goud en glans wil hy My uitverkorenes van My wegkeer.

Platina, oliebron en goudneerlaag.
Dit alles bring Satan in groot aanvraag.
In wêreldoorlog gaan die mens verslae by My kom klaag.

Dikwels het Ek hul sag vermaan,
ongenaakbaar gaan wees My oordeelsvraag.
Het jy My of Satan met jou kosbare lewe hier op Aarde behaag?
Ja, as erfdeel, sal Ek nou ʼn nuwe Aarde aan My kinders gee.
Elke wêreldling sal Ek uit die boek van die lewe vee.


Openbaring 179
ʼn Mensgeskepte katastrofe.

Dinsdag 09:00 4 Des. 2007
http://www.openbaringe.co.za/
 

Judith de Beer
Onder die aanvoering van Satan, is die beplande eenwêreldbeheer, wat die breinkind van die sogenaamde supermoondhede is, in so ʼn gevorderde stadium, om van hulle grootste probleem, naamlik ʼn te groot wêreldpopulasie ontslae te raak, dat die tyd vir hulle ryp geword het, om tot aksie oor te gaan.

Ja, onder die regte temperature, in die mees gevorderde laboratoriums word dodelike virusse knus in "veilige" kluise vir sekere doelwitte bewaar.

Beplanning en voorbereiding is oor baie jare onder die vaandel van die sogenaamde besorgde gesondheidsbeheerliggame in gereedheid gebring vir ʼn groot gedeelte van die wêreldbevolking, veral onder die meerderheid armoedige wêreldklas, wat ʼn las vir die industriële wêreld, met sy gevorderde tegnologie geword het en nie meer afhanklik van die hande arbeid van die vele geslagtelange onderdrukte werkersklas is nie.


Hierdie, asook hele bevolkingsgroepe se immuniteitstelsels is so deur middel van
HIV verswak, dat met die loslaat van die bogenoemde gemanipuleerde en gemuteerde virusse ʼn mensgeskepte katastrofe sal ontstaan, wat die huidige wêreldbevolking met biljoene sal verminder.

Om hierdie situasie tot sy maksimale potensiaal voor te berei, is ʼn globale oorlogstoestand wat meeste infrastrukture sal lam lê, die ideale toestand omdat
dit die verspreiding van lewensmiddele en medikasie, asook georganiseerde hulp
oor verspreide gebiede onmoontlik sal maak.

Ja, met briljante neonkleure van valse gesondheidsorg en vrede hipnotiseer Satan biljoene mense deur middel van korrupte wêreldregerings, wat met eie belang slegs daarop gefokus is, om vir hulle self, asook hulle eie, ’n gemaksone in ’n selfgeskepte wêreldparadysie daar te stel.


Openbaring 180
Satan se lis teen die Goddelike genepoel.

Maandag 08:10 10 Desember 2007
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Oor My Goddelike genepoel het Ek My asem saggies heen laat spoel.
Soos ’n koel bries sal Myne My in hulle harte voel.
As ’n Goddelike geslag is hulle vir die onverganklikheid bedoel.
Ja, in ’n enkele mensepaar is My Goddelike Geen bewaar.

Jaloers het Satan met sy saad in die slang gevaar.
Van vernietiging en dood wou hy homself vrywaar.
Slu het hy met die onverganklike saad kom paar.

So het hy die dood na God se suiwer genepoel gebring.
Ontelbaar het Satan oor baie tye heen in menigtes uitgekring.
Om voort te plant was al hoe die mens die dood kon oorwin.
Om die Goddelike genepoel vir die oneindigheid terug te win,
het God self as mens die slang en dood op hierdie aarde kom oorwin.

Die Adam het sy eie saad gefaal en as ’n volmaakte tweede Adam,
het God self vanuit die dood gegaan.
Om Sy kosbare genepoel gesuiwer vanuit die vuur te haal.