
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 141
Die liefdelose balk van oordeel.
10 Oktober 2007 6:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Menig skrifstudent beskou hulself as die volleerde antwoord op alle
wysheidsvrae
en van hul wil Ek graag weet:
Wat maak van jul die uitsondering om julself bo julle medemens te wil
verhoog, wat
op hul manier hulle weg na My probeer vind. Wie of wat gee die een mens die
reg om hoogmoedig en in grootheidswaan, ʼn oordeel oor ʼn ander se geloof en
liefde vir My, uit te wil spreek.
Aan hierdie baie slim skrifgeleerdes onder die mense, wat My weer, net soos
hulle voorgangers van tweeduisend jaar gelede, netjies uit hul pad, met
hulle sogenaamde skrifkennis wil stoot, om hulself sodoende op My
regterstoel te kan verhoog, om vandaar hul oordele oor "sondaars" te kan
uitspreek, wat My in die liefde van hulle harte wil aanbid, aan julle sê Ek
weer, dat Ek sal woon in elke sondaarhart, waar Ek in liefde welkom is. Wie
is daar onder julle wat My dit, met sy vele wette en skrifkennis gaan
verbied.
Haal daarom eers die liefdelose balk van oordeel uit jul eie oog, sodat
julle self siende kan word en so ook die ware weg na My hemele kan vind,
voordat jy jou broer, met
jou hoogmoedige oordele en liefdelose instruksies, op ʼn ewige dwaalweg wil
bring.
Aan My geliefdes sê Ek, dat Ek elke kosbare kind van My persoonlik ken,
wat altyd in deemoed, water van liefde op die gloeiende kole, in julle
hittige
en soms hatige debatte gooi.
Ja, salig is hierdies, omdat dit julle is wat My nuwe Aarde gaan beërwe.
Openbaring 142
Satan as "moderne verlosser"
11 Oktober 2007 07:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Satan is huidiglik besig om in die glansryke gedaante van ʼn moderne
verlosser
nader te staan. Onder die "vaandel" van die sogenaamde "super intelligente
hervormers”, tree hy nou lagwekkend na vore, om sy eie sorgvuldig-aangepaste,
maar uitgediende kerkleerstellings weereens te kom hervorm. Ja, dit wat vir
baie
jare as valstrik vir die Christendom gedien het, maar nou weer uitgedien is.
Met sy
eenwêreldorde in sig, het die tyd vir Satan gekom om sy eenwêreldgodsdiens,
verwelkomend vir almal oop te gooi en willekeurig word alle leerstellings
nou weer deur hom herformuleer. Reeds verblind, aanvaar menig kerklidmaat
sonder enige teëstribbeling Lucifer se nuwe leer. Elke afgod en geloof, word
met erkenning en
liefde in die Christendom geakkommodeer en onder ʼn eenwêreldgodsdiens word
alle gelowe onder een dak geabsorbeer.
Die
mens wat tog so graag as slim wil deurgaan, knik hul hoof dom in erkenning
saam en knielend lê hul, hulle kosbare erfenis en geloof in die valse
verlosser, ja,
die versoeker se skoot.
Hoe hard Satan ookal probeer om My geboorte, kruisiging, asook My opstanding,
verdag te maak, EK IS, en bly die enige, enkele, suiwer Goddelike
Identiteit, wat met
My Menswording ʼn suiwer voorbeeld en leer na die Aarde gebring het.
Nadat Ek ʼn volledige suiwering oor hierdie bose wêreld gaan bring, sal dit
weereens slegs die suiwer Waarheid wees wat vas soos ʼn rots, ewig oor alles
en almal, sal bly staan.
Openbaring 143
Groot gaan wees die nood.
12 Oktober2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Groot gaan wees die
hongerdag, wat op die hele wêreld wag.
Nêrens gaan daar ʼn
kind wees wat uitbundig lag.
Honger gaan daar
menigeen, na brood vanuit die hemel smag.
Weemoedig gaan
engeleskare die mens betrag,
wat in ellende en
wanhoop diep versmag.
Groot gaan wees die
mens se honger en sy nood,
in vullishoop gaan ʼn
waardig mens rondkrap vir ʼn stukkie brood.
Doelloos gaan daar
menigtes rondloop.
Nêrens gaan daar wees
ʼn bietjie hoop.
Met geld sal niemand
iets kan koop.
Van alle waardigheid
is elke een gestroop.
In ʼn donker en
onheilspellende nag,
gaan Satan hardop vir
die mensdom lag.
Meewarig gaan hy hul
op en af betrag,
terwyl hy spottend
vra na al hul aardse prag.
Tevrede gaan hy
uitkyk oor sy goeie jag.
Vele siel gaan daar
onder sy donker mag versmag.
Waansinnig sal die
handelaar nog steeds wil koop en verkoop.
Ewig is daar niks wat
hom tot wysheid toe kan noop.
Oral waar die honger
saam met die dood rondloop,
daar probeer die
handelaar vir oulaas nog sy siel verkoop.
Openbaring 144
Met ʼn omkoopplan.
13 Oktober 2007 7:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met ʼn omkoopplan,
staan menig land gereed, om die politieke winde in hul eie guns
te maneuvreer. Maar wêreldwyd gaan regerings die een terugslag na die ander
in hul eie binnekringe en geledere ondervind. Meedoënloos vir ʼn Judasloon,
gaan amptenare mekaar uit hul pad uit stoot.
Wêreldwyd is daar
weinig mense oor wat in patriotisme nog regtig iets vir hul eie
lande voel en gaan dit net daarom, om die inhoud van hul eie sak te
vergroot. Met omkoopgeld het menig vyande mekaar se lande met hul eie pionne
geïnfiltreer.
Kernwapens word
vooropgestel om die aandag weg te keer. Met ʼn goed beplande biologiese plan,
staan lande van die Noorde klaar gereed om Israel en sy bondgenote in Europa
aan te val.
Omverwerping en sluipmoord is aan die orde
van die dag. Irak
wil na eie keuse ʼn regering oor homself aanstel.
Openbaring 145
In ʼn bloedige helput.
14 Oktober 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die Goddelike beskerming waaronder die mense van Suid-Afrika daagliks gaan,
word deur baie as vanselfsprekend aanvaar. Aan diegene wat met bravade en ʼn
blasé houding dink dat onluste en oorlog bloot ʼn vae onwerklikheid is, wat
slegs op andere van toepassing is en ook dat dit iets is wat nooit met hulle
in hulle gemaksone gaan gebeur nie.
Aan hierdies wil Ek graag sê: "Julle sluimer in ʼn gekkeparadys en in ʼn
bloedige
helput gaan julle skielik ontwaak". Geskiedenis het die manier om homself
telkemale
te herhaal en vir baie eeue lank is bloedige konflik op hierdie kontinent
aan die orde van die dag.
In bykans elke Afrikaland was daar nog altyd die een of ander vendetta
tussen Wit en Swart aan die gang en binnekort gaan die bodem van Afrika
haarself weer met die bloed van haar bewoners voldrink.
Openbaring 146
Die ‘ou man van Afrika’.
15 Oktober 2007 8:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Net soos wat dit baie lank gelede geprofeteer was, het alle lande reeds oor
die Aarde heen "vrede" geskreeu, waar daar geen vrede was.
Net soos wat die ou man van Afrika se gesondheid besig is om weg te kwyn, so
sal
die valse vrede oor die horison van Afrika verdwyn.
Daarmee saam sal daar nêrens oor die oppervlakte van die wye wêreld heen,
meer ʼn enkele vredesliggie skyn. In skrik en bewing sal die bewoners van die
Aarde dit angstig uitroep in hul pyn. In wanhoop sal die massas hul daarheen
haas, waar Satan chaoties, in sy volle heersersgloed nou skyn.
Openbaring 147
Goddelose onsin die wêreld ingeploeg.
16 Oktober 2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Praat en nogmaals praat is al wat die mensdom deesdae wil doen.
Menig mens wil van die oggend tot die aand na die sinnelose klank van hulle
eie stemme luister. Met nimmereindigende groot maar leë woorde. In doellose
lang toesprake en gesprekke, lei die politikus en kerkleier die mens willoos
aan hul neuse rond.
Om boonop by alles wat heilig is te sweer, is onafgebroke besig om in hulle
midde te gebeur. Dwase wat van die oggend tot die aand onsin uit wil braak,
is die leiers wat oor die ganse mensdom waak.
Met tonge waaruit leuens en bedrog voortdurend drup. Waaruit geen waarheid
ooit kan kom, word hulle ewe dom navolgers, oor die ewige afgrond gestoot.
Daarom sal dit nou weer wees, soos wat die woord van toeka spreek.
Goddelose onsin het die wêreld ingeploeg. Die vrug van sy eie leuens en
bedrog
gaan die mens nou oes. Hulle eindelose gepraat, sal in die rumoer van oorlog
ondergaan.
Openbaring 148
Verstands- en
geestelik ingestelde mense.
17 Oktober 2007 7:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Indien die mens die vermoë sou besit, om homself waar ookal in die ruimtes
te kon bevind, sou dit wees asof hy homself maar net weer op ʼn vreemde
wêreld bevind.
Sou hy sy oë na die hemele opslaan, sal daar nuwe ruimtes en heelalle voor
sy oë oopgaan. So sal dit vir ewig aangaan.
Ewig
sal die mens alle ruimtes kan deurkruis, maar nooit sal hy kan sê, ek het
die hemel gevind, waarin God homself bevind. Omdat dit ewig onmoontlik vir
die fisiese mens was, is of ooit sal wees, om die Godheid
in die ewige ruimtes op te spoor en hy daarom vir "bewyse" homself nog altyd
op ander se "hoorsê woord" moes verlaat, het Ek die mens tegemoet gekom en
Myself
as Lewe op die aarde kom vertoon.
Ja, slegs in die bewuswording en die lewe self, kan die mens My vind.
Nog altyd was daar twee groepe mense, waarvan die een groep die liggaamlike
verstandsmense is. Deur middel van logika en verstandelike vermoëns, gaan
hulle vanuit ʼn riglyn en in ʼn raamwerk vir hulself ʼn logiese beeld van hul
God opbou.
Waar die tweede groep, wat meer geestelike ingestelde mense is, met hul
liefde
en hul hoop, daarin gaan poog om vir My ʼn woning in hul harte te bou, om My
so
in hul geloof met hulle eie lewe te omvou. In hierdie lewe, waarin die ware
lewe ontwaak het, kan so ʼn lewende siel nooit weer in die dood ontslaap nie
en is dit
slegs hierdie volmaakte lewe wat oor die vermoë beskik, om vanuit die
materiële ewighede, in die lewende hemele oor te gaan.
Openbaring 149
Deur hulself ʼn oordeel gevel.
18 Oktober 2007 5:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Terwyl daar oral gerugte van oorlog sal wees en van menige kataklismes wat
die mense in die media lees, sal die kennis weereens die liefde versaak. By
baie sal My Gees heeltemal ontbreek. Stene vir die profete sal daar in
oorvloed wees en so sal
die skrif in die eindtyd hom as ʼn oordeel self herhaal.
Terwyl die koninkryk van God naby sal kom, sal die skrifgeleerde seuns, weer
net soos hulle oervoorvaders, dieselfde Godslasterlike woorde spreek en
beweer; met Beëlsebul en bose geeste se hulp, geskied God se wil.
Deur hulself is ʼn oordeel gevel en oor duisende jare heen, sal pa en seun,
mekaar se regter wees.
Geslagte lank is daar geprofeteer,
eendag sal God vanuit die mond van sy heilige volk regeer.
Die wat My opreg in hul harte begeer,
aan hulle sal Ek verleen, hierdie grote eer.
Openbaring 150
Die verskil tussen genade en liefde.
19 Oktober 2007 6:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith
de Beer
In ʼn volmaakte wêreld sou genade oorbodig wees, omdat genade die praktiese
uitoefening van deernis is. Deernis word op haar beurt uit die sagte gloed
van
liefde gebore. Dit is liefde wat meelewing met alles het wat in onvermoë en
wanhoop spartel.
Neem as voorbeeld ʼn moeder wat in barensnood in angs haar pyn uitkreet en Ek
haar in genade en met Liefde te hulp snel. Ook die nuwe aankomeling, wat in
asemnood sy koms uitkreet, sal Ek met My Liefde en genade op sy moeitevolle
lewenspad bystaan.
Die mens kan egter nie net genade ontvang nie, hy moet ook leer om dit self
met praktiese liefde aan ander uit te deel. Om hierin te kan ontwikkel, word
die mens op vele maniere daarin geoefen. Hierdie lewensoefeninge kom meestal
in die onaangename vorm van teleurstellings, wanhoop of siektes, en weer is
dit hier waar Ek die mens met My genade dra.
Ook wat die mens se geestelike groei aanbetref, gaan dit soms moeilik.
Deur baie trane, val en weer opstaan kom Ek die mens in sy geloofstryd
tegemoet.
Wat maak die een mens beter as die ander, dat hy bloot op die meriete van
My
genade gered sal word, terwyl biljoene ongelowiges sonder My genade vir ewig
in die hel moet ondergaan.
Daar is bykans nie nog ʼn land of bevolking, wat nie op die een of ander
manier al van My gehoor het nie en wat My nogtans deur die vryheid van hul
eie keuse verwerp. Indien Ek hul met My "genade" gelowig sou maak, sou dit
dwang en nie My Liefde wees, wat hul na My sou bring.
Die lewe en geloof is een voortdurende stryd en met My Liefde en genade
kan enigeen wat wil, as ʼn oorwinnaar uit die stryd uit tree. Net soos wat Ek
in ongekende liefde, My genade kosteloos aan jul uitdeel, net so moet julle
weer julle liefde en genade, prakties en onbaatsugtig aan ander uitdeel.
![]() |