
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 131
’n Boodskapper in woede.
1 Oktober 2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
ʼn Boodskapper het met sy skaal, sy hemelse dimensie verlaat.
Na die aarde het hy in woede neergedaal.
ʼn Veer het hy uit die ratwerk van die tyd gehaal.
In versnelde spoed, gaan die węreld vinnig sy einde tegemoet.
Gepla deur menig pes, hongersnood en plaag, wil die mens nou baie waag.
Maar deur aardbewing en vulkaan, stort die aarde nou inmekaar.
Daar is niemand wat die gif uit die lug en water kan haal.
In ongekende krag, gaan fratsgolf oor kuslyn en binnelande gaan.
Alleen sal die dood as die oorwinnaar daar bly staan.
Met ontblote swaard, is almal nou vir almal kwaad.
Na die finale slag, sal daar ʼn groot stilte neerdaal.
Droewig en alleen, sal vanuit doodstank,
die hartverskeurende klank van ʼn enkele kind opklink.
Stukkend en alleen sal ʼn kleuter
sy weg deur ʼn verpletterde en verlate węreld probeer vind.
Openbaring 132
Chaos in ʼn een-Afrika.
Maandag 3 Oktober 2007 8:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Groot verwarring gaan daar onder vele nasies wees. Terwyl regerings ydel met
mekaar kompeteer, kan nie een ʼn oplossing vir hongersnood en pes, asook al
die kataklismes gee. Ja, menig Afrikaleier sien in homself die volle
"potensiaal" om as koning en leier oor ʼn een-Afrika te regeer.
In naywer begin die bodem van Afrika voel-voel onder ʼn uitdagende politieke
oorlogsdans te dreun en versigtig word knopkieries nou in alle rigtings na
mekaar uitgesteek.
Hiermee saam stort die węreldorde se goedgesmede planne nou in die modder
van Afrika ineen. Chaos gaan die politiek voorspring waar daar druk beplan
word om van landsgrense ontslae te raak, om sodoende ʼn een-Afrika tot stand
te bring. Daar gaan nasies en volkere klaar wetteloos en onbeheersd in
waansin kom en gaan. Hulle sal maak en breek net soos wat hulle wil.
Maar met mure vanuit die natuur, sal Ek ʼn veilige vesting vir My
uitverkorenes bou.
Openbaring 133
Gesig oor edelgesteentes
3 Oktober 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
In ʼn gesig het ek die volgende gesien:
ʼn Pragtige vroulike diamantkroon was uitgestal op ʼn bloedrooi fluweellap.
Dit het
sterk aan die Engelse kroon juwele herinner. Skielik was die kroon weg. In
die plek daarvan het korrels pikswart rottemis die lap vol gelę.
Hierna het ek ʼn baie ou profeet met ʼn spierwit baard en hare voor ʼn
delwershuisie
in die omgewing van ons dorpie Ottoshoop sien sit. Sy voete was in ʼn
kommetjie water, hy het opgestaan en die waterin die rigting van ons
buurdorp Lichtenburg geskiet.
Onmiddellik het daar ʼn boompie opgekom wat binne sekondes tot menshoogte
gegroei het. Die boom se blare was van die fynste kristalen hy het lieflike
vrugte
van edelgesteentes gedra.
Openbaring 134
Pasop vir slimpraatjies en tekens.
3 Oktober 2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Soos die manne onder die leiding van Gideon, moet julle nou uiters waaksaam
wees, omdat Satan sy gruwelike hoof in julle rigting gedraai het en sy sig
nou vol op julle gerig is.
Slu sal hy daarin poog, deur middel van ʼn besonderse begaafde persoon,
wat hy in julle midde sal probeer bring, om julle met slimpraatjies en
allerhande
tekens te mislei, om sodoende verwarring en verdere onmin onder julle volk
te
kan bring.
Die rigters wat Ek sal aanstel om die rigting vir My volk aan te dui, sal
manne van inbors wees, wat uit julle eie geledere sal kom en wat My en My
volk se belange, ʼn geruime tyd al, op hulle harte dra.
Openbaring 135
Babilon se heerskappy gaan val.
4 Oktober 2007 3:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Babilon se heerskappy
gaan val op land en see.
Daar is niemand wat
dit kan keer.
Menig man se wingerd
het sy vir haarself begeer.
Oor elke land wou sy
met koninklike gesag regeer.
Geslagte lank het sy suiwer bloed voor haar uitgejaag.
Eeue lank het sy
haarself in ander se skatte behaag.
Met baie bloed is
haar heerserskleed rooi gekleur.
Alles wat suiwer is
gaan haar die rug toekeer.
Esau het geen God na
wie hy hom kan keer,
maar Juda sal weer
vir Benjamin absorbeer.
Engeland se koningin
word nou voor haar eie hof gedaag,
vir haarself het sy
geskep ʼn grote plaag.
Reeds is haar land deur menig vyand geďnfiltreer.
Jesebel, daar is baie
wat op jou bloed gaan teer.
Effektebeurs en
handelaar gaan hardop oor jou ween.
Al jou rykdomme is
vir ewig daarmee heen.
Openbaring 136
Geweldige emosionele onstabiliteit.
4 Oktober 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Moet julle nie
daaroor verwonder dat Satan huidiglik intensief op sommiges van
julle fokus nie. Daar is sekere geeste onder julle wat ondenkbare tye gelede
deur
My gekies is om ʼn sekere taak as ʼn praktiese toets, in hierdie tye te kom
voltooi.
Sou hierdies slaag,
sal dit vir hulle beteken dat hulle sal kan deurdring tot nuwe skeppings,
dimensies en wysheidsdieptes, wat vir die menslike verstand en begrip
onmoontlik is om te kan begryp.
Hierdie geestelike beliggaamde mense sal hierdie proses in die vlees
as ʼn geweldige
emosionele onstabiliteit ervaar, waar dit vir hulle sal voel
asof hulle die een
oomblik berge kan versit, net om die volgende oomblik
ʼn gevoel van
geweldige mislukking te ervaar.
In hierdie stadium moet dit vir hulle baie belangrik wees om
met liggaam, siel en gees alles in die stryd te werp, omdat ook Satan in
hierdie tye, as teenvoeter vir hierdie hoogsontwikkelde dienende geeste, sy
onverbeterlike helgeeste as prinse van die duisternis daargestel het, om as
teenvoeter vir My engelgeeste te dien en hulle te verhoed om die baie
verswakte mense van hierdie tye by te kan staan. Daar is niemand volmaak
behalwe Ek nie.
Ook by hierdie ontwikkelde geeste is daar altyd nog ruimte vir verbetering.
Waaraan daar in die
ondenkbare tye wat kom, oorgenoeg tyd voor sal wees, so was
dit ook die geval by die voorloper onder hierdie geeste, wat reeds vantevore
sy weg oor die aarde as My voorloper gegaan het.
Johannes die doper het met sy vorige proefloop oor die aarde die fout
begaan, deurdat hy in My, as die seun van die Mens, getwyfel het.
Vanuit die gevangenis
het hy ʼn student na My gestuur met die volgende vraag; "Is U waarlik Hy".
Dit- nadat hy getuie was van die ontvangs van My Goddelike Gees.
Daarom sę Ek aan
julle, bied My julle harte as woning aan, sodat julle My as ʼn permanente
inwoner onder julle, deeglik kan ken en julle My daarom maklik sal
herken, wanneer ons van aangesig tot aangesig sal ontmoet.
Openbaring 137
Die tyd van sewe donderslae.
6 Oktober 2007 12:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Daar is niemand wat
Ek in hierdie tye van die waarheid sal spaar. Nog altyd het My woord na alle
kante oopgeslaan. Goed of kwaad, daar waar Ek my Woord inslaan, is
dit bedoel om tot suiwering skoon te bloei. Daar waar die kwaad nie wil
wegvloei, sal die mens deur ʼn bose wond, die ewige verderf ingaan.
Die sewende seël se
stilte word verbreek. Die tyd en stem van sewe donderslae het aangebreek. As
oordeel sal hul oor die węreld spreek. Na vele bliksemstraal en donderweer,
sal na die sewende donderslag, My genade in oorvloed op My uitverkorenes
neer reën.
Dit wat bitter is sal
Ek uit die maag wegwas. Soet soos heuning sal My woord oor My pasgebore baba
gaan. Aan My waarheidsbome sal Ek nou die opdrag gee. Ook aan hul die mag
verleen. Dit wat hulle in My Naam sal spreek, dit sal My engele oor die
aarde oopbreek. Met ontblote swaard sal hul met My Woord, boosheid en kwaad
tot in die afgrond afbreek.
Al doen die węreld wat om hul in die aardse stof neer te slaan, deur My
olyfbome sal Ek die weg na My hemele, vir baie oopbaan.
Openbaring 138
Die valse woord van 'n illusie Jood.
7 Oktober 2007 8:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met My laaste
feesmaal was daar oorvloedig van My Lewensgewende brood,
maar menig het
verkies om te eet van die węreldse dood.
Eeue lank het hul
geëet van die valse woord van ʼn illusie Jood.
Armoedig en groot is
nou die węreldse geestelike nood.
Met voete van lood,
keer menig siel hom nou na sy ewige dood.
Maar ʼn loflied sal
daar eenparig vanuit Sion opklink,
daar is niks meer uit
die węreld wat hul kan lok en wink.
Aan My heilige wyn,
het hul, hul vol gedrink.
Van My eie tafel is
daar vir hul in oorvloed geskink.
Heilig, heilig sal
hul stemme vir ewig opklink,
Heilig sal hul
gesigte vir baie volkere blink.
Openbaring 139
Die bedelaarskleed uit slegte gewoontes.
8 Oktober 2007 9:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Dit wat hier gesę
word, het nie betrekking op die werklike behoeftige nie.
Vandag spreek Ek tot
die onder julle volk, wat uit slegte gewoontes
die bedelaarskleed
julle eie gemaak het.
Dit is maklik om die vinger na die węreld en veral na My te
wys en in selfbejammering daarop aanspraak te maak dat alles en almal, julle
in julle ellende skuld. Maar selfsugtig dink julle nie eenmaal daaraan, dat
die een voor wie jy bakhand staan, baie maal deur dieselfde beproewinge as
jy moet gaan. Met baie moeite moet hy sy eie stryd oorwin.
Sy swaarverdiende
loon, die moet hy nog onbaatsugtig met jou deel, sodat jy jou in jou graf
kan in drink. Deur middel van sluwe sielkundige lis, maak julle graag van ʼn
armsalige "Lasarus beeld" gebruik. So word daar op jou broer (volksgenoot)
se gewete gespeel. Dit maak jou niks beter as ʼn geslepe rower nie.
Die een wat nog ʼn helpende hand na julle uitsteek, word agteraf bespot
en vir sy domheid
uitgelag.
Duidelik word daar in die Skrif geskryf; dit wat jy aan die
armes gedoen het, dit het jy aan My gedoen. Maar nęrens word daar geskryf
dat ʼn dronkaard en dwelmslaaf in sy kwaad gesterk moet word nie.
Onder julle is daar
hoogs begaafde mense en almal het Ek met vele talente toegerus, maak daarvan
gebruik.
Met My hulp en ʼn bietjie deursettingsvermoë, kan enige probleem, ook
verslawing, oorkom word. As deel van My uitverkore volk, sę Ek ook aan
julle, dat die tyd min is en in baie swaar tye, gaan julle volksgenote nie
oor die vermoë of die tyd beskik, om hulle eie wa, sowel as julle s'n, deur
die drif te kan trek nie.
Openbaring 140
Slim het sy eie baas gevang.
9 Oktober 2007 5:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith
de Beer
Węreldwyd neem versteurde weerpatrone momentum aan.
Oor kontinent en vele land gaan daar ʼn sware doodstank hang.
Met hernieude krag gaan oorstrominge en hittegolf oor die węreld gaan.
In Asië gaan baie land onder modder vergaan.
Orals gaan daar rook rondhang.
Veld en bos, dorp en stad, op menig plekke gaan die Aarde brand.
Tussen Węreldorde en eiebelang,
sit ʼn leier vreesbevange vasgevang.
In ʼn pyplyn in Afrika, is ʼn polisiestaatsgreep aan die gang.
Verblind deur goud en glans, het slim sy eie baas gevang
![]() |