
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar
elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 121
Boosheid het sy grense
oorskry.
21 September 2007
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die tyd het gekom waar
die boosheid sy eie grense oorskry het. Daar bestaan nie
meer ʼn moontlikheid dat die wêreld homself gaan besin en verbeter nie. Nog
minder
is daar ʼn kans dat daar ʼn eenwêreldmoondheid is wat die knieë deemoedig voor
ʼn ander gaan buig.
Innemend glimlag die een regering vir die ander. Terwyl hulle
in vriendskap mekaar warm die hand uitreik, word mekaar se ondergang agteraf
op groot skaal beplan. Satan se heerskappy, ja, sy kort hoogtepunt is in
sig. In sy opgewonde waansin,
weet hy nie waar om te vat of waar om te los nie.
Boosheid is besig om teen boosheid op te staan. Soos muiters
wat alles in chaos
buit, so raak regerings die kluts ook kwyt. Verbouereerd begin hul om die
hand na
hul eie vyande uit te reik. Skeurings in eie geledere is al wat hul in ʼn
krisistyd gaan berei. So verloor ook hul beheer. Daar is niks wat die
waansin in menig land gaan
keer. Wanhopig sal die mensdom hom nou na sy kerk wil keer.
Hier sal hul vind, Satan is nou in volle beheer. Verlore sal
hul noodkreet in die dieptes van globale chaos wegsink. Ongestoord in ʼn
wêreld wat vergaan, sal vas soos ʼn rots, My kinders, trots vir My bly staan.
Na baie sal hul die
hand uitreik. So sal nog ʼn paar
vir My, hul God bereik.
Openbaring 122
Ek sal My vir julle skaam.
22 September 2007 16:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Nog altyd was My
boodskappe en profesieë van so ʼn aard deur profete
en sieners aan die
mensdom oorgedra, sodat niemand ʼn vasgestelde tyd
van die einde daaraan
kon koppel nie. Vir baie eeue het baie geslagte
voortdurend
gespekuleer oor die spesifieke tyd van My wederkoms.
Telkemale en met die
nodige tekens, het die vyeboom dikwels, tot aansporing
van vele geslagte se geestelike groei, gebot. Maar Ek sê nou vir julle, sy
loot
het baie sag en groen vir sy finale bot geword.
Die onder julle wat julle gesig van hierdie openbaringe
wegdraai, omdat dit nie voldoen aan die vereistes, wat volgens julle
standaarde, rondom My gebou is nie
en julle, julle daarom in hoogmoed en trots vir my skaam, vir julle sê Ek:
Die dag
van die groot ontmoeting het naby gekom, en ook sal julle nie voldoen aan
die verwagtinge wat ek rondom julle gebou het nie.
Wanneer julle in wanhoop na My sal roep, sal Ek julle die
gesig wegkeer, omdat
Ek My vir julle sal skaam.
Maar My kinders waarsku Ek met ʼn dringendheid, dat Satan die vermoë het
om met ʼn flinke tong
en vaardige spraak, homself baie geloofwaardig aan die
mens te kan oordra. Wees daarom dubbel versigtig vir enigiets wat na ʼn te
maklike oplossing lyk.
Openbaring 123
Waak teen dwepery.
23 September 2007 16:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die hele huidige
wêreldsisteem is van ʼn valse, walglike, dwepery aanmekaargesit. Moet My
daarom nie probeer eer, of aan ander oordra deur te dweep nie. Soek My
teenwoordigheid in die standvastigheid van julle geloof en liefde. Nie in
histeriese euforieë en allerhande tekens nie. Streef daarna om My in opregte
liefde en waardigheid te soek en waak teen enige vorm van dwepery, omdat Ek
ʼn afsku
daaraan het.
Dweep is ʼn vorm van menslike manipulasie, waardeur daar
gepoog word om My
met emosionele dwang na menslike pype te laat dans. Vanuit ʼn dweepsieke
gemeenskap ontstaan allerhande gruwels, waarvan rituele en dreunende gebede
ʼn goeie voorbeeld is. My teenwoordigheid en werke kan nooit deur enige dwang
afgedwing word nie.
Maar daar waar opregte geloof is, sal Ek verseker soos ʼn
sagte koel bries
teenwoordig wees. In
waarheid en gees, kan julle nou na die begeerte van julle
harte spreek. Ek sal julle antwoord.
Daarom moedig Ek julle aan om ʼn persoonlike noue verbintenis
met My
aan te knoop, sodat
julle geestelike toestand van so ʼn aard kan ontwikkel,
en julle tot die ware
lig en insig kan kom en julle sodoende alle grense
wat julle tot op hede
beperk het, kan oorsteek en die werksaamheid van My Gees
so in julle tot ʼn werklikheid kan kom.
Openbaring 124
Twee verskillende groepe.
24 September 2007 6:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Alles omtrent hierdie
aarde is tydelik en in ʼn nimmereindigende
voortdurende
lewensiklus word alle lewe in hulle verskillende vorme,
die geleentheid gebied
om hulself tot ʼn sekere volmaaktheid, in hulle onderskeie ordes, te kan
opwerk. Daar is niks op hierdie aarde, of in die oneindige skeppingsruimte,
wat so uniek soos die vrydenkende, skeppende mens is nie.
Daarom het Ek hierdie aarde met sy ondenkbare verskeidenheid vir die mens as
ʼn
kort opleidingsentrum daargestel, sodat dit vir elke indiwidu moontlik is
om, na die graad van sy liefde, na sy eie ewige volmaakte status te kan
streef.
Daarom probeer Ek die mens deurentyd aanmoedig en motiveer om
ten volle van hierdie kort en eenmalige geleentheid gebruik te maak, om
sodoende ʼn volmaakte kind van My te kan word.
Die mens het Ek onder
twee verskillende geestelike groepe hier op aarde geplaas.
Die een is ʼn minderheidsgroep wat ons met reg, die "Martha's" kan noem. As gekose werktuie, is hulle deur My na hierdie aarde gestuur, om as dienende geeste onder die mense, op alle denkbare maniere werksaam te kan wees. Deur te dien, vind daar deemoediging, asook suiwering by hulle plaas, wat tot die opgradering van hulle geestelike ordes en ook Goddelike kindskap kan lei.
Waar die tweede meerderheid groep, naamlik die "Marias’", My
geliefde vrye wesens is, wat na hulle eie goeddunke en volgens die liefde
van hulle hart kan handel. Dit is aan hierdie seer geliefdes wat Ek My
uitnodiging stuur. "Kom ontspan by My voete
en lê jou hoof neer op My skoot, sodat Ek My hand in liefde op jou hoof kan
neerlê. Terwyl Ek jou in die binnekamers van My hart en die ewige lewe inlei.
Openbaring 125
Beter om My nie te ken nie.
25
September om 8:30
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Enige iemand wat sy persoonlike voorkeure of eie sienings bo My stel, is My
nie waardig nie. Ek sal My van hom wegkeer.
Ja, wee die een wat My woord verdraai om by sy eie agendas aan te pas. Dit
is beter om My nie te ken nie, omdat dit wat jy nie ken nie, jou nie
toegereken kan word nie,
as om My te ken en te weet dat Ek regverdig is en jy My nogtans op die proef
stel. Ek sal so een nie teleurstel nie. Ek sal hom op dieselfde wyse besoek,
as wat hy begeer dat Ek sy vyande moet besoek.
Die een wat net dit wil sien wat hy wil sien, van hom sal die volle sig
ontneem word. Net so sal dit gaan met die een wat net dit wil hoor wat vir
hom aangenaam is. Alles wat Ek as eiendom aan hierdies geskenk het, dit sal
hulle ontneem word.
Ek sal dit skenk aan die wat in geestelike armoede na My smag. Die
onvrugbares sal vir My aangename vrugte dra. Ja, My boodskappers sal Ek
uitstuur en hulle sal die gebrekkiges met die klere van die lewe klee. Groot
vreugde sal daar op My huweliksfees wees. Buite sal die wat onrein is, in
groot berou en afguns toekyk
Openbaring 126
Moenie die Gees bedroef nie.
26 September 2007 8:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Daar is nie een onder julle wat sonder sonde of volkome regverdig is nie.
Maar in hierdie tye verwag Ek van My gekose werktuie, om daarna te streef,
om ten alle tye
bo alle verdenking te staan. Huidiglik is daar die onder julle wat daarop
uit is om tweespalt onder mekaar te bring. Dit ontbreek nie aan sataniese
wolwe, wat met duiwelse lis daarop gefokus is om My skape, veral hier aan
die Suidpunt van Afrika, uitmekaar te jaag nie.
Daar is reeds heelwat onder julle, wat reeds onbewustelik, die doping van My
Gees ontvang het en daarom moet daar baie noukeurig gewaak word om nie die
Gees
binne julle te bedroef nie.
Net soos wat Ek, na My liggaamlike doop in die Jordaan, die Goddelike Gees
ontvang het en My daarna in ʼn dorre geestelike, sowel as fisiese woestyn
onttrek het, om in die swakheid van My menslike liggaam en siel, die nodige
opleiding te kon ontvang, om tot die volle sterkte van My Gees te kon
ontwikkel, om sodoende volle weerstand te kon bied teen die versoeker wat
My, met al sy lis en krag, kom besoek het.
Net so moet julle in julle volle swakheid, die heeltyd daarna streef om
julle siel in voorbereiding te bring, om in samewerking met My gees in
julle, tot aktiewe werksaamheid oor te kan gaan.
Openbaring 127
Die leuenagtige kerk.
Donderdag 27 September 2007 02:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Met die medewerking en hulp van ʼn leuenagtige kerk. Het Satan slinks My volk
in kennis en wysheid beperk. In goud en glans het Satan en predikant hulself
eenparig verskans. Geletterd en geleerd het menig kerklidmaat, My Waarheid,
hoogmoedig die rug toegekeer. Hul slegs deur hul kerk en in samewerking met
sy groot broer, die politiek laat leer en deur hierdie helgeskepte despoot,
lê almal nou onderdanig in Satan se een oorkoepelende sloot.
Maar
nog steeds stoot hierdie ydeles hul snoet hoogmoedig omhoog.
Van enige berou is daar geen spoor. Die paar wat nie in hul sotheid wou
deel, moet nou maar stilswyend en gedweë hul lot deel. Onder die juk van ʼn
verderflike wetgewing moet goed en sleg nou saam vergaan. Kerk en politiek
gaan Ek ook met reg, saam met die Antichris, oor die afgrond laat gaan.
Maar reeds is Ek besig om in My getroues se harte, met My ware lewende
Woord, in
te trek. Vanuit hier sal Ek onder My Melgisedek orde regeer. My uitverkore
priesters, sal menig kind vanuit die oneindigheid in waarheid en liefde, na
My, hul God en Vader, keer.
Openbaring 128
Met julle hele hart en wese.
28 September 2007 09:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Vandag spreek Ek tot elkeen wat om die een of ander onverklaarbare manier,
die heeltyd na My smag en wat intens en opreg na My teenwoordigheid in
hierdie tye verlang.
Daar staan geskrywe dat julle niks van dit wat aan julle naastes behoort,
mag begeer nie. Maar Ek sê vir julle, dat Ek nie die eksklusiewe eiendom van
julle naastes is nie. Begeer My daarom met julle hele hart, siel en wese,
sodat Ek een met julle kan word
en julle My as julle eksklusiewe eiendom, na hartelus aan julle naastes kan
uitdeel.
Maak My die polsende hartklop van julle bestaan- nog beter, maak My die
lewende
Hart self, sodat Ek die sentrum van julle totaliteit kan wees. Ek sal as die
lewende orgaan binne julle, die lewensgewende bloed (gees) deur julle laat
stroom en
daardeur alles, in en om julle, tot lewe wek. Julle sal so My lewende
verteenwoordigers op hierdie aarde word.
Dit wat Ek met My liggaamlike verblyf op die aarde verrig het, dit, en
nog baie meer,
sal julle in My naam, tot voordeel van vele ander doen.
Openbaring 129
Julle is in drie groepe verdeel.
29 September 2007 10:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Julle volk is huidiglik in drie groepe verdeel.
Waarvan die grootste groep ʼn vreesagtige klomp huigelaars is, wat hulle
identiteit en geloof soos goedkoop gemors, voor die voete van hulle
selfaangestelde oorheersers gewerp het en owerspelig met hulle heidense
afgode saam baljaar.
Die
tweede groep is, ondanks hulle vele foute, besig om te ontwaak. In
benoudheid
en wanhoop word daar na My geroep. Ek sal hulle nie beskaam laat nie.
Aan die laaste groep wat tussen die boom en die bas rondhang,
om te kyk waar dit die beste vir hulle gaan wees, sê Ek: Maak jou keuse gou,
omdat
Ek jou saam met die eersgenoemdes uit My mond gaan spuug.
Ja, aan diegene wat hulle hart teenoor My verhard, sê Ek die volgende:
Elkeen is met ʼn vrye wil toegerus en kan volgens die liefde van sy hart
handel. Wie daarom wil hoor, laat hom hoor en laat die dowes, volgens hulle
wil, doof bly.
Ek stuur swaard, hongersnood en pes onder die goddelose mense, wat na My ware Woord nie wil luister en hulle bekeer nie. In bloed sal Ek hulle aan dieselfde hand oorgee, waaraan hulle hulself onderwerp het. Ja, onder hulle voete sal die verwerpte aarde dreun. In ʼn kragtige aardbewing sal dit onder hulle meegee.
Bokant
hulle hoofde sal die hemele oopskeur en deur woedende winde sal hierdie
onreines meegesleur word. Die aarde sal van hulle gereinig wees. My oog sal
nie verskoon nie. Daar sal nie een onder hulle gespaar word nie. ʼn Voorbeeld
van selfvervloeking sal hulle vir ewig, vir almal wees.
Ek sal hierdie skandvlek vanuit My volk reinig. Jakob sal Ek vry maak. My
volk sal nie meer gebuk onder die juk van slawerny gaan nie, alle plae sal
Ek van Sion wegneem. Ek sal haar in Liefde aan My bors aandruk en haar
vertroos. Aan My sy, sal sy verheerlik word.
Openbaring 130
Alle materiële lewe is bloot illusie.
30
September 2007 5:00
http://www.openbaringe.co.za/
Judith de Beer
Die materie het die neiging om dit wat sy sorgvuldig deur haarself, vanuit
die mees onsienlike atoompies, tot ʼn spesifieke vorm opgebou het, weer net
so, na ʼn sekere tydperk, sorgvuldig deur haarself, tot nietige atome af te
takel, om sodoende weer in haar oerelement te kan verdwyn. Oral in die
natuur is hierdie verskynsel waarneembaar in die ontkieming en geboorte,
asook die ontbinding en verweer van alles.
Dieselfde natuurwet geld ook vir die menslike liggaam en teen dieselfde
tempo waarteen daar deurentyd nuwe selle geproduseer word – teen dieselfde
reëlmaat
sterf die oues. In hierdie siklus loop die lewe en die dood hand aan hand,
onafgebroke met mekaar saam.
En so
is dit, vanaf die oomblik van bevrugting, tot en met die afsterf van die
mens, waar die lewe en die dood nou van mekaar skei en die dood nou alleen
sy taak in die ontbinding volbring.
Ja, soos ʼn damp wat verskyn, om net weer te verdwyn, so is alle materiële
lewe bloot
ʼn kort waarneembare illusie.
Hierdie oënskynlike sinnelose kringloop en vermorsing van lewe het deur baie
eeue menig filosoof tot swaarmoedige neerslagtigheid gestem en so het ook
die bekende Prediker diep gesug nadat hy laat hoor het, dat alles tevergeefs
en ʼn gejaag na wind
is.
Maar
Ek sê vir julle, dat die mens na My beeld geskape is en om tot ʼn
selfstandige
kind van My te kan ontwikkel, moet hy in alles in My skepping onderrig word
en deur die weg van die sterflike vlees te gaan, kry die lewende gees, in
samewerking met die siel, die geleentheid om meester oor die materie te kan
word en so kan sy na die vervolmaking van haar wese streef.
Om hierdie
moeilike proses vir die mens te vergemaklik, het Ek self na die aarde gekom
en die pad van die vlees gewandel, om vir julle as ʼn voorbeeld te kan dien.
![]() |