Heelwat lesers ondervind probleme met die Openbaringe blad. ʼn Moontlike oplossing
 mag wees om Mozilla Firefox of Google Chrome soekenjins te gebruik.
 Die alternatiewe blad is nog nie volledig nie.

 
 
            Alternatiewe Webblad

             
http://www.profesievanjudith.co.za

e-pos judithdebeer@webmail.co.za
       
   openbaringe@yahoo.com  
 

Openbaring 11
Die pad na My hart.
6 Junie 2007 09:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Jou vraag vandag is of die pad na My hart deur die kennis of die liefde geskied. Jy wil ook sekerheid hę of hierdie werke wat deur jou hand geskied, in Engels vertaal moet word.

Ons begin vandag met jou tweede vraag eerste.
Julle baie klein volkie is my volk wat as voorbeeld vir die hele węreld sal dien. Selfs deur die enorme foute wat julle begaan het, sal dit ook as ’n leerskool vir alle volkere dien. Daarom sę Ek weer: Verbly jou O Sion, die hart van jou wese sit in die Suidpunt van Afrika.

My dag het naby gekom dat ek hierdie vertrapte klein weeskind by die hand gaan vat en met die genade van My Liefde sal Ek Myself hom reinig. Onder My leiding sal hy in Gees en Waarheid oor My nuwe volmaakte aarde regeer.

Sion, jy is my uitverkorene wat dwarsoor die hele węreld verteenwoordig is. In al jou onontbeerlike lede, sal jy as een koning onder die naam Melgisédek uit jou “HART”
oor my volmaakte skepping regeer. Vertaal daarom hierdie werke ook in ander tale.

Wat jou eerste vraag betref: Om My ywerig deur die versameling van baie kennis te soek, sal vir jou van baie belang wees wanneer jy die dag by jou slotsom kom dat jy slegs deur die liefde die deur van My hart vir jou sal open. Hiermee het Ek jou ook klaar die antwoord oor die weg van die liefde gegee.


Openbaring 12
Die binding deur middel van manipulasie.
6 Junie 2007 14:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die woord binding word omtrent altyd met die woord okkulte in verbinding gebring. Maar Ek sę aan julle: Moet nooit ʼn binding op enigiemand bring deur enige vorm van manipulasie wat in hierdie dae Satan se magtigste werktuig is nie. Satan se naam kan in hierdie eeu met reg deur die woord manipulasie vervang word.

Deur verskillende vorme van manipulasie beheer regerings mekaar oor en weer. Banke op hul beurt, manipuleer deur middel van effekte en valuta beheer, weer die regerings.

Oorkoepelende gesondheidsorganisasies manipuleer en beheer genees­middele, entstowwe en verwante middele om sodoende weer beheer oor ander gebiede te verkry. Sterker state kraai koning, omdat hulle die alleenbeheerders van
stapelvoedsel is en besluit wie en watter armoedige en honger land, wat en waar sal kry in ruil vir daardie land se onontginde grondstowwe.

Deur die vruggebruik van hierdie stowwe, manipuleer hulle weer ʼn volgende land. Selfs die graan word in massaproduksie deur manipulasie gekweek. So het almal,
in ʼn węreldwye netwerk, almal se slaaf geword.

Satan, as die vors van hierdie węreld, het dan ook sy doel deur manipulasie bereik.
Sy heerskappy wat besig is om sy top te bereik, is besig om ook sy voltooiing te
nader. Ek self gaan die mat onder die ekonomie uitruk en met ʼn slag gaan dit węreldwyd ineenstort om nooit weer in sy huidige gedaante op te staan nie.
Daarom maak Ek My kinders daarop attent om nooit enige vorm van manipulasie, hetsy dit op ʼn eggenoot, kind, werknemer of wie ookal is, uit te oefen nie, omdat dit
een van die grootste gruwels in die oë van My, julle Vader is.


Openbaring 13
Die leviatan in hierdie tyd.
7 Junie 2007 05:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Onder die woord “leviatan”, het die oermensdom die begrip van ʼn enorme seedier gehad wat in sy grootte ʼn kolossale eiland oorskry het. In ʼn sekere sin was hulle reg. Eens in die oertyd het so ʼn lewende organisme geleef wat amper soortgelyk aan ʼn lewende koraaleiland was.

Dit het uit ondenkbaar baie indiwiduele lewende see-organismes bestaan, wat saam een liggaam gevorm het. Omdat dit geen voetstuk of anker met die seebodem gehad het nie, het dit vry rondgedryf in die groot waters van die aarde.

Met sy duisende tentakels en miljoene poliepe, asook ʼn onversadigbare vraatsug,
was hierdie vir die onontwikkelde mensdom van daardie tyd die afskuwelikste monster. Hoe groot die tydspan vanaf die oertyd tot en met nou in die moderne tyd strek, kan enigeen wat goed in die wiskunde opge­lei is, vir homself naastenby uitwerk.

Die woord leviatan, het dan ook een van die vele name geword waaronder die
Satan bekendheid verwerf het. Met ʼn bietjie verstand sal elkeen wat wil dan ook die geestelike herrysing van die leviatan in hierdie moderne tyd van die aarde herken.

Met heerssug en die uiterste vorm van manipulasie het Satan sy tentakels stewig in elke regering en organisasie dwarsoor die węreld gevestig.

Sy parasitiese poliepe voer sy opdragte getrou uit. Elke vrydenkende mens is bykans onlosmakend onder hierdie eenheid verkneg. Maar soos altyd in alles, oorskry Satan hom in sy eie perke. In sy grootheidswaan is hy besig om homself
met sy enorme liggaam op te hef en trots sy bors teenoor My, die Skepper, uit te
stoot. Maar helaas, daar waar dit die minste sigbaar is, daar doen hy ook die minste moeite.

Elke goeie boumeester begin sy projek met ʼn stewige fondasie. Maar omdat Satan
in alles My teenpool is, het hy sy ryk van bo na onder gebou. Sy voete het hy
laastens en inderhaas in Suid-Afrika geplaas. Met sy baie onwyse vermenging
van klei, kon die sement en metaal nie ʼn vaste, stewige mengsel vorm nie. Dit
gaan die oorsaak van die val, van alle valle wees en met die laaste stof wat op
die aarde sal neersif, sal my vrede op hierdie aarde neerdaal.

Hiermee staan die visioen van My Profeet Daniël reg voor julle deur.


Openbaring 14
Kom nou Sion trek jou laer.
7 Junie 2007 12:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
O, hoe groot die blydskap van ’n Vaderhart met die klank van kinderstemme wat gehoor gee op Sy stem na ’n lang gewag. Hoe heerlik om die opstanding van My kinders te gewaar. My skape wat bokspring van vreugde by die roep van My Heilige Naam. Kleine kudde so sorgvuldig deur Myself gemaak. So lank het jy bly swyg,
maar trou het ek oor jou, My liefdeskind gewaak.

Met geduld het Ek bly wag om jou uit jou doodslaap te sien ontwaak. Om My Liefde ewig binne jou vir alle skepsele te kan bewaar. Uit die swartste nag word vir My die reinste kind gebaar. Kom nou Sion, trek jou laer, ons is ewig bymekaar.

Klein kom jy voor My altaar staan. Met leeuemoed gaan jy My weg deur węreldchaos baan. Voor węreldkonings gaan jy trots My plek volstaan. Voor jou sal die dood
uitvlug en dapper sal jy alle vrees oorbrug. Kom nou Sion, trek jou laer, ons is nou
vir ewig bymekaar.


Openbaring 15
Bring My Woord slegs aan My skape.
9 Junie 2007 05:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Ek walg in 'n vuil węreld, deurtrek van sweet en etter, wat soos ʼn vloedgolf oor die węreld gespoel het. Waarin węreldlinge hulself in hierdie ontlasting baai, asof dit
die suiwerste spoelgoud denkbaar is. Lank genoeg het Ek sag gemaan, om nie My pęrels voor hierdie varke van die węreld in hulle vuil modder te gooi nie.

Nou praat Ek hard en duidelik. Ek wil dat My woord slegs aan diegene gebring word, wat My kosbare pęrels soos 'n sieraad om die tafels van hul hart gehang het en daarom die stem van My waarheid daarin kan herken. Die twyfelaar kan homself nou maar die ore toestop met die klank van sy geld, węreldvermaak, of een van die vele ander hulpmiddele wat sy węreld hom bied. Die baie slim skrifgeleerdes kan nou ook nader staan om met hulle talle herrangskikte Bybelverse hulle leuenagtige stem te
laat hoor.

Die tyd het gekom en geval het die grote Babilon. Stuiptrekkend soos 'n hondsdol hond, wat met skuim op haar bek vir oulaas desperaat probeer om 'n węreld vol kinders saam met haar af te trek, in die diepste put vol van die vuilste drek en dit by monde van Godloënaars wat vuil etter as waarheid die węreld vol braak.
Bring daarom My waarheid slegs na die skape wat die stem van My, hulle goeie
Herder met die eerste klank daarvan sal kan herken.


Openbaring 16
Beroeringe voor die ontwaking.
10 Junie 2007 23:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Węreldwyd is daar ’n beroering besig om plaas te vind. In sommige gevalle is dit ’n onrustige voorgevoel van iets onheilspellend met rampspoedige gevolge wat wag
om te gebeur.

In ander gevalle is dit ’n tintelende opgewondenheid oor iets ontsaglik wat op hande is. Ook in die natuur is dit sigbaar onder sekere spesies wat hulleself sku op een of ander bedreiging voorberei. Terwyl ander weer opgewonde en ywerig die vere regskud. Oral en in alles is almal besig om te ontslaap of te ontwaak.

Ons gaan nou vir eers stilstaan by dit wat besig is om te ontslaap en wat in ’n uiters treurige toestand van afsterf is.

Die einde van ’n lang verlossingsperiode is in sig en dit wat nie ʼn sekere rypheid bereik het nie, is besig om terugwaarts te beweeg tot waar dit ’n punt bereik waar dit geestelik die eie geboorte verbysteek en sterf, om hierna tot in sy kleinste molekule
tot niet te gaan en so in die illusie van materie te verdwyn, van waar dit weer tydsaam oor oneindige lang tydperiodes stelselmatig die weg deur ondenkbare siklusse sal gaan om eendag weer as ’n voltooide mens “salig” in die een of ander orde
werksaam te kan raak. Wat egter treurig oor hierdie toestand is, is die feit dat so ’n skepsel die reg op kindskap vir ewig verbeur het.

Die ontwaking op sy beurt is bruisend en borrelend en energiek fluister selfs die kleinste atoompies: “ons wil lewe”. Met die liefde van ʼn  moederhen skyn God se liefdeson op alles wat lewe, om dit met ʼn weldadige hitte tot nog meer lewe aan te spoor.

Hierdie nuutgebore lewe, wek op sy beurt weer lewe, totdat dit begin ontbrand om
self soos ’n son te begin skyn in ’n ewige onvernietigbare lewe, in die volmaakte ryk van My, julle hemelse Vader. Voeg julle daarom met haas, by die wat besig is om in
die lewe en liefde te ontwaak.


Openbaring 17
Alle rasse, nasies en volkere 'n eenheid?
11 Junie 2007 08:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Jy spook met die volgende vraagstuk of alle rasse, nasies en volkere as ʼn eenheid onder ʼn enkele geloof onder een Godheid moet staan.

Ek antwoord jou dat Ek met dieselfde woede waarmee Ek die eenwęreldpoging,
onder die heerskappy van Nimrod, met die grootste verwarring getref het, net so hierdie gruwel van alle gruwels, wat tans sy verskyning in ʼn eenwęreldorde gemaak het, met ʼn vernietiging tref, soos wat geen oog nog ooit aanskou het nie.

Ek is God en niemand is daar soos Ek nie, vanaf die kleinste tot die onmeetlike het
Ek met My eie hand in Wysheid en Liefde geskape. Ek Self het alles in My onveranderlike orde geplaas. Wee die een wat homself wil aanstel om iets daaraan
te verander. Vir die kleine mossie het Ek ʼn mossie as maat geskape en so het Ek regdeur die skepping vir elke skepsel ʼn soortgelyke maat geskep waaruit hulle gelyksoortiges voortgekom het.

Soos wat Ek die diere toegerus het met verskillende klanke waardeur hulle hulself kenbaar vir mekaar kan maak, net so het Ek die verskillende mense elk met sy eie
taal en gewoontes volgens My Wysheid toegerus.

Deur My Goddelike insig is daar ook verskillende talente aan die volkere toebedeel, sodat almal tot voordeel van mekaar kan wees. My teenstander het weer soos van ouds, met sy bose strategie, die volkere aangehits om as ʼn magtige eenheid hul koninkryk bo My te verhef.

Dit bring ons terug by jou vraag.
Hier waarsku Ek jou met nadruk dat enige een wat ʼn voorstander van vermenging is,
ʼn dienskneg vanuit die diepste hel is.


Openbaring 18
Die heftigheid oor Paulus
11 Junie 2007 05:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Paulus was gister onder bespreking en half verskrik het jy na die heftige konflik daarvan geluister. Daarom gaan Ek jou vandag kortliks die lewe en doel van Paulus vertel.

Hierdie man wat by uitstek een van My grootste vervolgers was, het uitdagend sy swaard teen My, die Seun van die mens getrek. Onvermoeid het hy My geliefde navolgers vervolg. Omdat daar geen liefde vir My in hom was nie, maar slegs ʼn verwronge geregtigheid om My te vervolg, kon Ek Myself slegs deur dit wat aan
hom bekend was, naamlik geweld, bekend maak. Daarom het Ek Myself, in die
oordeel van die Godheid, in ʼn breuk van ʼn oomblik aan hom getoon, wat hierdie geestelike blinde met volle blindheid getref het, sodat hy by die hand na My gelei
moes word. Daarom is dit aan hom as doring in sy vlees gegee om vanaf daardie
dag, weer op sy beurt, die blinde vervolgers en versmaaiers van My woord na My
toe te lei.

Verbaas jou daarom nie baie oor die heftigheid wat altyd met Paulus gepaard gaan
nie. Dit is maar net My Paulus wat op sy beurt vurig die heiden na My toe lei.


Openbaring 19
Moenie versteen nie.
Woensdag, 13 Junie 2007 6:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Graag wil Ek tot My liewe kinders spreek wat ondanks hierdie onstuimige donker tye met vrolike harte trou op My koms bly wag. In baie groot gevaar gaan jul veilig onder My beskerming staan, terwyl julle op ʼn nuwe volmaakte aarde wag.

Maar hoe treurig voel ʼn Vaderhart oor die verlies van miljoene kinders wat met vreesagtige harte, benoud op globale vernietiging wag. Al wat hul kortkom, is
ʼn enkele tree in die rigting van My uitgestrekte Hand wat Liefdevol na hulle
uitgehou word.

Vertrouend moet hulle die eie hand daarin plaas, sodat Ek hul beskermend in
die kring van My Vaderarms kan trek waar geen kwaad hul ooit weer kan raak nie.

Maar net soos Lot se vrou, kyk hierdie węreldlinge hartseer en verlangend terug
na hul węreld vol skatte en hul harte versteen in ʼn dooie soutklont. Vir ewig word hul vasgevang in ʼn dooie węreld van materie.

Vinnig hardloop die uurglas leeg. Soos ʼn kaartehuis wat inval is hul kunsmatige węreld besig om ineen te stort. In die chaos wat volg gaan stemme hartverskeurend
na My roep. Die Stem wat hul versmaad het, sal stil wees.

Beangs sal hul na hul grootste vyand, die dood, loop soek en hom verdrietig smeek; “staan nader liewe vriend sodat ons jou kan omarm. In jou vergetelheid wil ons wegsink”. Maar laggend sal die dood wegdartel terwyl hy spottend vir hul sing: “Jou dwaas, die dag wat jy die Lewenshand weggeklap het, het ek jou klaar omring. In my ingewande is jy toe alreeds gebring, waar jy ewig in berou jou tyd stadig deur gaan bring.”

Daarom spreek Ek nog eenmaal tot elke węreldling. Vir oulaas hou Ek my hand van verlossing na julle uit, maak baie vinnig daarvan gebruik.


Openbaring 20
“Ja, laat die spele begin”
14 Junie 2007 05:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Waar Satan in sy grootheidswaan, op sy saamgeflanste troon die ereplek in sy arena, hierdie węreld, agteroor sit om met selfgenoegdoening oor sy dik buik vryf en sy geliefde woorde bulderend uiter “Let the games begin”.

Daar antwoord Ek hom, “Ja, laat die spele begin”.

Sy vet hand waarvan die dik vingers versier is, met die kosbaarste maar bebloede edelgesteentes van hierdie węreld, word argeloos die lug ingegooi om sy swaar artillerie nader te wink.

Terwyl hy met ʼn skelm kopbeweging die węreldvloot nader adviseer. Met ʼn knipoog begin die lugmagbasisse hulself te mobiliseer. Satelliete begin vanuit die lugruim, kruis en dwars vir hom te spioeneer. Biologikus en wetenskaplike vat mekaar se hand en flink word daar vir oulaas met atoom en kiem ge-eksperimenteer.

Terwyl Satan met groot vertoon homself mobiliseer, daal Ek saggies by My kinders neer. Met leë hand en in sak geklee, kom My getuies ʼn bose węreld die waarheid leer. Met droogte, hongersnood en pes word die węreld mee getref. ʼn Verminkte aarde gee ook bes. Die oppervlak word met die grootste aardbewing ooit getref. So lig die hand en begin te sing, “Laat die spele maar begin”.