
e-pos judithdebeer@webmail.co.za
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige
menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of
kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard
nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die
internet, in boek- of traktaatvorm is, onder enige omstandighede verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal
gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee
waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.
Openbaring 111
Die Groot Skoonmaker.
12 September 2007 14:00
Judith de Beer
Onder die aanvoering van Satan, deur middel van sy eenwêreldorde, sal daar ʼn verdrukking op hierdie aarde wees, soos wat daar nog nooit voorheen was en ook nooit weer sal wees nie. Indien Ek nie sal ingryp en die dae verkort nie, sal geen vlees dit kan oorleef nie.
Die oordele wat huidiglik besig is om oral in die natuur af te speel, is die gevolg van wreed versteurde ordes. Die blaam hiervoor kan slegs voor die deur van die mens en sy wetenskap gelê word. Ek is ʼn liefdevolle Skepper, wat nie skep om te vernietig nie en wat daarna streef om alles in My skepping na volmaaktheid aan te spoor.
Huidiglik het die hele wêreld so boos geraak, dat Ek My vir ʼn wyle daarvan
gaan onttrek. Die mens wat My met geweld eenkant toe stoot, gaan Ek toelaat
om te doen wat hulle wil doen. In hierdie menslike doen en late, lê die
groot oordeel en baie sal
My in daardie dae soek, maar nêrens vind nie.
Wee die een wat My as ʼn God van wraak en oordeel aan die wêreld wil voorstel. My toorn sal slegs oor diegene ontvlam wat dit vir My uitverkorenes ondraaglik sal maak. Ek sê weer, dit wat mense as My toorn wil uitmaak, bloot My afwesigheid sal wees. Waar Ek afwesig is, is totale chaos onafwendbaar. Waar daar chaos is, daar moet Ek kom reinig.
Ek sal hierdie aarde van hoek tot kant kom skoon en nuut maak, sodat My wedergebore kinders dit as ʼn ewige erfporsie in besit kan neem. Die tyd, dag en uur van hierdie groot skoonmaak is slegs aan My, die GROOT SKOONMAKER, bekend.
Openbaring 112
Weeg My Woord eers.
13 September 2007 24:00
Judith de Beer
Ek
spreek tot die mens in die taal van die mens en tog begryp die mens nie dit
wat
tot hom gespreek word nie. Hoe sal dit vir die mens moontlik wees om God te
begryp, wanneer Hy as God sal spreek.
Die mens wat My woord wil spreek, vir hom sê Ek;
bou eers vir jou ʼn skaal. Weeg elke woord noukeurig volgens die waarheid daarop af, voordat jy jou woord op die pad van jou naaste loslaat.
Wees
dubbel versigtig, dat ander nie oor jou woorde sal struikel en jy hulle so
tot ʼn
val sal bring nie. Maar wandel altyd op die weg van die waarheid.
Soek
eers die suiwer koninkryk van God binne jouself. Dit wat jy kortkom, ja, dit
sal
Ek in My groot genade, volgens die maat waarmee Ek jou toegerus het, aan jou
skenk.
Openbaring 113
Daar sal jou hart ook wees.
13 September 2007 17:00
Judith de Beer
Alhoewel die mens in ʼn sekere mate oortuig daarvan is dat hy ʼn onsterflike
siel is,
bly daar maar altyd ʼn mate van twyfel, dat met die uitblaas van die laaste
asem, ook
die mens se liggie vir ewig uitgedoof sal word.
Die
teendeel is egter dat op dieselfde oomblik wat die liggaamlike dood intree,
onttrek die volle lewende bewussyn (die siel) haarself vanuit die materie en
aanskou in verwondering die eie ontslape liggaam. In die vrye toestand
waarin
die wese hom skielik bevind, is dit vir hom moeilik om te bedink dat hy
homself
as lewe, in so ʼn totale dooie voorwerp kon bevind het.
Ja,
die bewussyn en nie die liggaam nie, is die ware lewe en so ontstaan met die
intrek van die gees in die materie, die eerste polsende hartklop, wat die
kosbare lewensgewende sappe, ritmies deur die liggaam, vir die res van sy
verblyf op aarde
sal dra.
Met
die vertrek van hierdie bewussyn (siel) vanuit haar tydelike aardse woning,
verstil alles in die materie weer met ʼn enkele laaste hartklop. Direk hierna
word die
siel deur die beter of slegter geeste, afhangende van die geestelike
toestand, na die geestelike sfeer begelei, wat die siel vir haarself, met
haar verblyf op aarde voorberei het.
Hier is die woorde van toepassing wat as volg lui:
“Daar waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees”.
Hoe intenser die mens homself bearbei het om in liefde nader aan My, sy Skepper, te kan kom, presies so sal dit vir hom wees. Ek en hy sal mekaar van aangesig tot aangesig in liefde aanskou.
Maar
helaas, vir die een wat tydens sy aardse lewe weinig moeite gedoen het, so
sal dit vir sy siel maar karig in die hiernamaals uitsien.
Openbaring 114
Vrees se grootste teenvoeter.
14 September 2007 8:00
Judith de Beer
ʼn
Psigopaat verlam altyd sy slagoffers eerste met hulle eie vrees, waarna hy
met
hulle speel soos ʼn kat met ʼn hulpelose muis. Dit is presies wat Satan
huidiglik met
die mensdom, deur middel van wêreldbeheer, doen. Almal skarrel soos
verskrikte muise om elke jota en titel, ja elke gril van hierdie
monstermoondheid te behaag.
Ek het julle, My kinders, ryklik toegerus met eienskappe wat vir julle van onskatbare waarde in hierdie tye kan wees en waarvan kalmte een van die belangrikstes is. Wat ookal die toekomende gebeure of omstandighede gaan wees, of dit kataklismes, siektetoestande óf onluste gaan wees, kalmte moet altyd julle wagwoord wees.
Vrees lê alle rasionele denke lam en ʼn vreesagtige mens is nie in staat om van die Goddelike Gees binne hom gebruik te maak nie. Vrees en paniek is die grootste teenvoeter vir geloof en hoop. Die mens wat met My hulp alle vrees oorwin, die het homself in al sy swakhede oorwin.
Vrees is enige vyand se magtigste wapen, daarmee ontwapen hy sy slagoffer van wapens soos geloof en hoop, waaruit kalmte weer voortspruit, wat op sy beurt weer planmatige vindingrykheid voortbring
en waarmee Ek vir julle, My kinders, ryklik toebedeel het.
Glo daarom onwrikbaar in My, hoe hopeloos ʼn situasie ookal lyk.
Weet
dat Ek met My Goddelike teenwoordigheid in die sentrum van julle wese is en
maak met selfvertroue hiervan gebruik. Ek sal julle met My Goddelike skild
van beskermende liefde omvou en vreesloos sal julle, My geliefdes, midde in
groot
gevare veilig bly staan.
Ja,
een kalm, vreeslose mens sal waardig wegstap, terwyl duisende vreesagtiges
mekaar in waansin sal vertrap.
Openbaring 115
Selfaangestelde voorlopers.
15 September 2007 10:15
Judith de Beer
Hoeveel maal moet Ek die mens daarop attent maak dat elke deel van die
liggaam onontbeerlik vir die volgende deel is en dat Ek alleen, die Alwyse
Stuurman van
hierdie totale liggaam is.
Maar nog steeds is daar vele wat hulself as die voorlopers wil beskou, selfs nog ʼn treetjie verder wil gaan en die leisels uit My Goddelike Hande wil neem. Huidiglik leef julle in kritieke tye. ʼn Ieder en ʼn elk onder julle is bloot swak mense, wat heeltemal van My beskermende genade afhanklik is en daar is nie, soos wat sommige hoop, een of meer onder julle wat met bonatuurlike mag of krag toegerus is, en julle volk op ʼn wonderbaarlike wyse gaan red nie.
Maar die swakste en soms vir julle die mees veragtelikste, kan met ʼn eenvoudige gebed, wat in waarheid en liefde tot My gerig is, die grootste wonderwerke denkbaar verrig. Wat baat dit die mens dat hy die Skrif soos die palm van sy hand ken, maar klaar weer dieselfde foute as tweeduisend jaar terug begaan.
Bloot om een van My uitverkorenes, uit ʼn wêreldbevolking van biljoene, te kan wees,
is reeds ʼn ongekende genade. Waarom nog heel voor wil staan, terwyl julle goed
weet dat daar geskrywe staan; “wie voor wil staan, sal na agter verwys word en die agterste sal deur My na vore genooi word”.
Ondersteun mekaar daarom in liefde. Nie in heerssugtige leierskap nie,
wat net daartoe bydra dat broers mekaar op allerhande slegte wyses
onderkruip en belaster. Soos vele male tevore sê Ek weer; elke mens is met ʼn
vrye keuse toegerus. Besluit daarom self of julle in hierdie tye op prinse
of op My gaan vertrou.
Daar
is wel diegene onder julle van wie Ek gebruik gaan maak, wanneer die
gesindheid van julle harte reg is. Moet daarom nie julself salf nie, maar
laat My toe
om dit te doen.
Openbaring 116
Hou aan met kritiese selfondersoek.
16 September 2007 3:30
Judith de Beer
Daar is huidiglik heelwat onder julle wat gedurigdeur besig is om julle self
krities te ondersoek. Al julle doen en late word onder ʼn sterk vergrootglas
geplaas, waar dit in die fynste besonderhede geanaliseer en noukeurig
ondersoek word.
Bykans niks, wat julle van watter aard ookal doen, voel vir julle reg nie.
Ja, dit voel vir julle kompleet asof julle julleself in ʼn doodloopstraat bevind.
Maar Ek sê; verbly julleself hieroor, omdat die onsterflike lewensgees
binne julle, besig is om in ʼn aktiewe stryd teenoor die verganklike materie
te tree.
Dit
wat die wêreld julle, op watter aantreklike manier ookal, aanbied, weet dat
die gees binne julle, reeds die vermoë begin ontwikkel het om die materie
waar
te neem vir die leë illusie wat dit is. Al wat die wêreld julle nog kan
bied, is ʼn onbehaaglike gevoel met ʼn bitter nasmaak.
Maar
terselfdertyd is daar ʼn diep verlange besig om binne julle te ontwikkel,
wat julle daarna laat smag om ongekende geestelike hoogtes te bereik, waar
julle hoop om een met My, julle liefdevolle Skepper te word.
Daarom kan die van julle, wat julleself hierin erken, met reg die
eersgeborenes
van die Gees genoem word. As My lewende werktuie sal julle in hierdie
eindtye menigmaal ʼn helpende hand na ʼn swakker broer of suster uitsteek. Om
hulle so
van die ewige dood te red.
Openbaring 117
Naam en identiteit.
Maandag 17 September 2007 9:00
Judith de Beer
Om al
My kinders wat My opreg en met liefde in hierdie tye in hulle harte dra, te
kan akkommodeer en die nimmereindigende konflik onder die hardkoppiges onder
julle
te vermy, word daar in opdrag van My, na My, in al hierdie skrywes,
hoofsaaklik as
die Vader, Skepper of Verlosser verwys.
Abba is die Hebreeuse woord vir Vader.
Deur My, Abba Vader te noem, bevestig julle My Vaderskap vanuit Hebreeus in
julle eie taal. Anders as julle hedendaagse gebruik om meestalmooi klinkende
name aan julle kinders te gee, het die mense van die antieke tye ʼn meer
beskrywende naam aan ʼn kind toegedig wat heelwat van sy agtergrond,
godsdiens en selfs omgewing verklap het. Menigmaal is ʼn kind so opgevoed,
sodat hy reg aan sy naam kon laat geskied.
Menig
Joodse ouers het hulle later op die tempel verlaat en teen ʼn nie te geringe
prys, is ʼn kind deur die priesters van ʼn naam voorsien. Een van die redes
vir My
koms in daardie dae was juis om die mens van die onmenslike tempelleer en
reëls
te kom bevry. Daarom is My Naam direk vanuit die hemel, deur ʼn boodskapper
aan
My aardse voog (Josef) oorgedra.
Die betekenis en besonderhede omtrent My Naam, sal enige gesoute skrifstudent onder julle noukeurig kan uiteensit. Die antieke skryfvorm van daardie dae en julle huidige alfabet het min ooreenkomste met mekaar. Moet daarom nie julle hoof te veel breek, oor die, vir julle so belangrike spelling van My Naam nie. Maar dink eerder daaraan dat dit moontlik is vir ʼn identiteit om ʼn naam te verander. Maar nooit kan ʼn naam ʼn identiteit verander nie.
Openbaring 118
Een nasie teen ʼn ander.
18 September 9:00
Judith de Beer
Die
wêreld staan op die vooraand van globale ontwrigting. Ja, ʼn kruitvat wat wag
op
ʼn enkele vonk om in alle rigtings te ontplof. Vanuit die dieptes van die
seë, tot buite
die aarde se atmosfeer, word menig kernwapens na mekaar gemaneuvreer.
Ja almal het mekaar onder skoot. Waansinnig probeer Satan, om deur vele oorlogsloop, homself tot ʼn valse vrede te beheer. Die een nasie is besig om teen die ander op te staan, terwyl die aarde besig is om onder kataklismes onder te gaan.
ʼn
Sluipmoord word nou fyn beplan,
om die grotes tot ʼn eenheid saam te span.
Maar Ismael het klaar sy boog in wraak gespan.
Daar is baie wat aan sy kant gaan staan.
Terwyl
die aarde onder oorlogstuig gaan dreun
en Amerika, ook Europa van pyn gaan steun,
gaan Ek My maagd na veiligheid toe lei.
Ja, ʼn plek het Ek reeds vir haar voorberei.
Openbaring 119
Wee die dag van My groot hofsitting.
19 September 2007
Judith de Beer
Vir
die mens wat sy vinger beskuldigend na die hemele en My, sy Skepper, wil lig
en daaraan dink om My voor sy regterstoel te bring en My vanuit ʼn menslike
oogpunt skuldig bevind, aan dit wat ʼn sondige wêreld oor homself gebring
het; vir julle sê Ek:
Wee die dag van My groot hofsitting. Wanneer elkeen, groot en klein, voor My
regterstoel sal staan en elkeen na sy eie werke, goed of kwaad geoordeel sal
word.
Met die spotter sal daar gespot word en die lasteraar sal onder die gewig van sy eie vervloekinge op die aarde neergewerp word. In ongekende angs sal hy die aarde om hulp smeek. In antwoord sal sy oopskeur, om hom ewig in haar dieptes te bring en sy sal haarself weer bo hom sluit. Om hom so voor My aangesig te verberg.
Maar
aan julle My geliefdes, sê Ek, dat menige swak werke julle vergewe sal word,
deur ʼn enkele liefdestakie wat julle in opregte liefde aan een van die
minstes gedoen het. Ja, dit het julle aan My gedoen. Groot sal julle loon
vir die ewige lewe wees.
Openbaring 120
Wee die valse giftige vrug
20 September 3:00
Judith de Beer
Salig is die eerlike onvrugbares wat hulself besig hou met goeie werke
wat gebore is uit waarheid en gees. Dit is beter om kinderloos deur die lewe te gaan, as om ʼn giftige vrug, as gevaar vir ander se lewe te baar. In wellus wil die leuen vir haarself ʼn kind verwek en in die wieg van die waarheidskind, wil sy haar telg neerlê.
As ʼn
enkel suiwer vrug, is klaar My Sionskind gebaar. Wee die valse saad, wat in
sy plek wil staan. Natan sal Ek stuur om die gruwel oop te vlek.
In die valse moederskoot sal die onsuiwer fetus sterf. Die waarheid sal die
leuen ontbloot, wee daarom die valse skoot.
![]() |