e-pos  judithdebeer@webmail.co.za

                openbaringe@yahoo.com  

Openbaring 101
Die son sal hulle brand.

3 September 2007 8:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Die son sal hulle brand en hulle sal hulle nie van hulle verkeerde weë bekeer nie. In hulle hart en met hulle mond sal hulle My, die Skepper en Instandhouer, se Naam laster. Ja, die son se hitte gaan van so ʼn aard wees, dat die mens die intensiteit daarvan glad nie sal kan verdra nie. Hittegolwe van ongekende aard sal oor die aarde en veral Afrika gaan.

ʼn Verskroeide aarde sal stof, in plaas van kos lewer. Stofstorms sal die lugruim soos bloed inkleur. Waar daar wel reën sal val, sal dit meestal verskeurende storms wees. Die ongekende hitte sal die vog in stoom verander, wat die temperature nog verder
sal laat styg.

Terwyl die siekes en swakkes, die oumense en babas, hiervan sal vergaan, sal die mensdom hom met hernieude ywer in die handel werp en ontsaglike winste sal uit
die beskikbare voedsel gemaak word.


Openbaring 102
Van bo geborenes en van onder geborenes.
4 September 2007 5:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Die mensdom kan onder twee groepe verdeel word, waarvan die een groep na siel
en liggaam heeltemal vanuit hierdie aarde afkomstig is. Wat met reg die kinders van
die węreld genoem kan word. Hulle hele neiging en liefde is ook heeltemal gerig na
dit wat die węreld bied.

Die tweede groep is egter van bo gebore, wat soveel sę dat hulle hele wese meer geestelik ingestel is, om dit wat van bo is, naamlik My Gees en dit wat dit bied, te
kan bevat. Hierdie meer edel groep is by verre die minderheid en is deur My op
hierdie aarde in hierdie tyd geplaas, om as dienende geeste, die węreldmens die lig vanaf My te bring. Sodat ook hulle, as kinders van My, toegang tot My ewige salige hemelryk kan hę.

Maar net soos in die dae van Noag, het die getalle van die węreldmens baie vermenigvuldig. Onder verrotte leierskap het die kwaad geweldig toegeneem. Die boosheid het sy eie perke so oorskry dat die mensdom ʼn bedreiging vir homself, sowel as alle ander spesies geword het.

So het ook die toets wat hulle op aarde ter verbetering van hulle siele moes kom aflę, sy doel verloor. Om die stof en sterflike liggaam op elke moontlike, gruwelike en walglike manier te kan bevredig en behaag, versteur hulle sonder enige gewetensbeswaar elke Goddelike orde op hierdie aarde.

Net soos wat Ek die mens eens, oor ʼn aansienlike tydperk, deur verskillende boodskappers oor ʼn komende oordeel gewaarsku het en Noag in opdrag van My, vir almal om dit te kon aanskou, met die bou van die ark begin het. Net so waarsku Ek
nou deur middel van die kinders wat van bo gebore is, die kinders van die węreld oor ʼn vernietigende oordeel, wat reeds orals sigbaar is.

Ja, Ek nooi hulle vir oulaas vriendelik uit om vinnig onderdak in My nuwe ark te kom vind, wat daaruit bestaan om met volle vertroue by My klein Goddelike familie aan te sluit en sodoende in baie groot gevare onder My beskermende Vaderhand te kan
kom staan.

Openbaring 103
Weet Ek is altyd dig by julle.
Dinsdag 4 September 2007 23:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Huidiglik voel dit vir die meeste van julle, wat na die volmaakte eenheid tussen julle
siel en My gees in julle streef, asof julle voortdurend op ʼn emosionele wipplank ry;
ja die een oomblik is julle bo en ervaar julle ʼn bykans verruklike ekstase en is dit asof julle My teenwoordigheid amper tasbaar kan ervaar. Net om die volgende oomblik
julle self in die diepste put van ellende te bevind, waar dit voel asof alle poginge van julle kant af heeltemal fataal en tevergeefs is.

Om hierdie rede gaan Ek julle tegemoet kom en die tyd en dae verkort sodat julle,
My uitverkorenes, nie op die lang duur onder die druk sal ingee nie. Dit is egter noodsaaklik vir julle om te weet dat die "hel" met al sy negatiewe kragte huidiglik
los is en daarop gefokus is om as struikelblokke vir julle, op julle pad van oorwinning te dien.

Maar minwetend vorm hulle vir julle, juis die teenkrag wat baie noodsaaklik vir julle geestelike groei is. Met elke oorwinning hiervan, word julle gesuiwer en vind daar veredeling by julle plaas.

Met die intensiteit waarmee julle menigmaal in die gees hierdie hindernisse oorwin,
ja, met dieselfde krag, trek julle My onbewustelik en met geweld nader aan julle en
dit is met hierdie "passie", waarmee Ek so graag in die kring van julle liefde ingetrek wil word.

Wees daarom getroos, wanneer dit weer vir julle voel asof julle in die dieptes van die ellende wil vergaan. Weet dat Ek altyd dig by julle is.


Openbaring 104
Verpand nie jou siel aan die węreldorde!

5 September 2007 16:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Wie daaraan dink om My in hierdie tye uit te oorlę, gaan baie sleg daarvan afkom en nou praat Ek direk van Satan, wat onder die dekmantel van ʼn kwansuis besorgde eenwęreldorde, met vele sluwe planne, op allerhande soetsappige maniere probeer om die totale mensdom aan die neus rond te lei.

Na dekades van navorsing en ʼn baie fyn studie oor die menslike psige, het die węreldmoondhede daarin geslaag om die oorgroot bevolking van die węreld willekeurig te manipuleer en te verkneg om sodoende Satan se bose doelwitte te kan bereik.

Die mens, met ʼn vrye wil toegerus, is ook van ʼn gewete voorsien, om homself sodoende met die nodige balans te kan handhaaf. Juis as gevolg van hierdie gewete is daar veral op die geestelike aspek en daardeur die godsdiens gefokus. Deur middel van valse leerstellings is daar ʼn wanbegrip by die mens gekweek oor dit wat reg en verkeerd is.

Met dit agter die rug, was dit nou maklik om die mense soos outomate te beheer.
So het Satan vir die mens ʼn fopwęreld geskep. Om as goeie burgers van hierdie drogsisteem bekend te kan staan, verpand baie mense hulle Godgegewe vrye wil en daarmee saam hulle siele aan hierdie monstergod van die węreld.

Daar is niks in die hele oneindigheid wat Ek soveel respekteer as juis die mens se
vrye wil nie. Noudat die mens hiervan ontdaan is, het dit tyd geword om Satan met
sy eie middele te konfronteer. Dit wat hy gesaai het, dit sal hy nou maai. Binnekort
sal hy, met al sy handlangers, self in gevangenis ingaan, waar hulle heeltemal van
die vrye wil ontneem sal word.

Maar eers sal Ek die aarde in toorn en oordeel besoek. Elke mens wat sy vrye wil,
ja, sy siel aan hierdie węreldorde verpand het, sal in die dieptes van die aarde
ondergaan.


Openbaring 105
Ek was, is en sal altyd wees.

6 September 2007 22:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Net soos meeste jong tieners hulle ouers as oudmodies en nie op hoogte van die jongste verwikkelinge beskou nie. Net so ervaar baie mense My nog in hierdie dae as ʼn Kinderbybel-figuur, wat slegs kennis van sake rakende die antieke tye dra. Met die dat Ek julle in hierdie tye aanspreek en van hedendaagse terme gebruik maak, laat heelwat wenkbroue verbaas lig.

Onlangs het iemand op ʼn heel spitsvondige wyse die volgende laat hoor:
"Die Meester praat deesdae heel reguit en op die man af en dit nogal in moderne taal".

My antwoord hierop is die volgende: Ek was, is en sal altyd wees. Miljarde eons voordat hierdie aarde sy ontstaan as ʼn enkele atoom begin het, was daar alreeds
orals węrelde met beskawings, wat julle huidiglike beskawing met ligjare vooruit
was. Net so sal daar, lank nadat hierdie aarde in die niet verdwyn het, weer nuwe skeppings hulle verskyning maak, om op hulle beurt weer van niks tot volle wasdom te ontwikkel.

Ja, daar sal Ek steeds weer wees om soos vanaf alle tye, My taak as die ewige liefdevolle Skepper, Versorger en Instandhouer, binne die raamwerk van My ewige ordes, te onderhou. Ja, daar is niks nuuts in die hele oneindigheid wat nie alreeds
daar was en weer sal wees nie.

Hoe gouer julle hierdie inligting in julle betreklike kort tydsbestek hier op aarde julle
eie maak en ophou om My, die Oneindige, in julle klein en
beperkte menslike raamwerke te probeer pas, ja, hoe gouer sal julle tot die volle
besef kom watter geweldige voorreg en genade julle te beurt geval het om op hierdie aarde teenwoordig te kan wees.

Hier, waar die Meester van alle lewe, die skeidingsmure tussen materie en Gees persoonlik kom afbreek het, sodat elkeen, ongeag in watter tydvak hy homself
bevind, die voorreg kan smaak om van aangesig tot aangesig te staan te kan kom
voor die Oerbron van alle Lewe, waaruit elkeen van julle sy oorsprong het.


Openbaring 106
Die nuwe Leier gaan 'n teleurstelling wees.

7 September 2007 23:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Onder julle mense is daar heelwat van julle wat die betreurenswaardige posisie
waarin julle volk tans verkeer, toeskryf aan die feit dat dit julle aan ʼn sterk leier ontbreek. Die waarheid is egter dat dit julle eie swak keuses was wat veroorsaak
het dat julle nou in hierdie gemors sit. Nog altyd het julle keuses op voortvarende
en hoogmoedige leiers geval, wat dit byna nooit nodig geag het om My om bystand
en raad te nader nie.

Maar hoogmoedig het hulle hul eie kop gevolg en ondanks die vertroue wat die
volk in hulle gestel het, is julle soos goedkoop vee uitverkoop en aan julle eie lot oorgelaat. Maar nog steeds is daar sekeres onder julle wat hoop dat daar ʼn mens
sal opstaan om julle vanuit julle ellende te kom verlos.

Ja, net soos die Jode van ouds wat vas geglo en tevergeefs gewag het op ʼn "verlosser", wat hulle vyande en ook sommer die hele węreld onder hulle "mag"
moes kom onderwerp, ja, net soos wat Ek destyds vir hulle ʼn teleurstelling was, so gaan die Leier wat wel tot julle redding gaan kom, vir baie ʼn groot teleurstelling wees.

Hierdie Leier se naam gaan Liefde heet en Hy sal as ʼn onbreekbare Eenheid vanuit
die ware opregtes se harte heers en Sy oë sal nie op węreldpolitiek gerig wees nie, maar op die komende Vrederyk wat alreeds in sig is.

Onder mekaar sal diegene wat hierdie Leier in hul harte dra, se rangordes soos volg lyk. Die heel grootste onder hulle, sal die dienaar van die heel kleinste wees. So sal hulle die lewende ledemate van die ware Verlosser hier op aarde word. ʼn Duisendjarige Vrederyk sal onder
hierdie Koningskap gedy.


Openbaring 107
Profete teenoor propageerders.
9 September 2007 9:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Nie alle mense wat lidmate van die een of ander kerk is, is noodwendig boos omdat hulle blinde navolgers van hierdie organisasies is nie. Maar alle kerke wat huidiglik besig is om hulself onder een sambreel van ʼn oorkoepelende beheerliggaam te
plaas, is sonder enige twyfel besig om hulle onder die volle beheer van die valse
engel van die lig te plaas. Waaroor daar reeds lank gelede geprofeteer is.

My gestuurdes, wat boodskappe vanaf My na die aarde bring, word profete genoem wat in My Naam profeteer. Die valse profete, wat op hulle beurt weer Satan se boodskappe aan die węreld oordra, propageer, en dit is presies wat hulle oor die afgelope dekades met nougesette noukeurigheid gedoen het.

Soos ʼn onophoudelike druppende kraan, is dit in die mens ingepropageer dat almal, ongeag taal, kultuur, kleur of godsdiens, mekaar se fisiese, sowel as geestelike
broers of susters is. Met die finale eenbeheerliggaam wat nou in volle sig kom,
word al Satan se kinders nou in een kraal gejaag, waar hulle op My skape, ja, die
ware uitverkore kinders van God, met venyn en haat sal jag maak. Dit onder die
mees walglike dekmantel van naasteliefde.

Erger as Middeleeuse barbare, sal hulle die wat Myne is, met haat vervolg. Maar
reeds is Myne op die voorhoof verseël met die enige ware onuitspreeklike Heilige Naam, van die ewige groot, EK IS. Daarom verseker Ek julle- My kindertjies, dat julle toegerus is met die beste beskerming wat daar in My ondenkbare groot heelalle is.


Openbaring 108
Spesiaal vir jou, Sion.

10 September 2007 9:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer

Groot is jou beproewing, Ek weet van al jou ongerief.
Tog bly jy My kleine hartedief, Sion, Ek het jou baie lief.
Jou kruis dié
wil Ek vir jou dra, jou sware las vir jou kom ligter maak.
Jaloers die sal Ek oor jou, My bruid, die heeltyd waak.
 

Vanuit almal wat bestaan, is jy alleen gekies as My lewensmaat.
In groot gevaar sal Ek My bruid veilig in My arms dra.
Op haar beurt sal sy andere se kruis weer vir hul help dra.
Terwyl die aarde in droef en rou tot as vergaan.
Gaan Ek vir My uitverkorenes ʼn goue weg na My oopbaan.

In My nuwe stad Jerusalem, kom Sion aan My sy,
haar plek as bruid volstaan.
Vele koningskinders gaan sy baar,
wat hul plek in My ewigheid waardig vol sal staan.


Openbaring 109
Dit het tyd geword om te ontwaak.

10 September 2007 23:00
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Orals neem aardbewings oor die hele węreld toe. Die een vloed volg die ander op.
Op verskillende plekke raak ou vulkane weer aktief. Tolwind, sikloon en orkaan is
aan die orde van die dag.

Ja, seisoen en weer, alles is erg versteur. Reeds loer daar verskeie dodelike peste
om die deur. Fratsgolwe kom ook nog aan die beurt. Maar ongeag al hierdie onreëlmatighede wat hulself in die natuur afspeel, gaan die mensdom ongesteurd
sy gang.

Word hul dringend hieroor vermaan, word bloot hul skouers ongeërgd opgehaal. Verveeld word daaroor gelag. Spottend word My dringende vermaninge, verveeld
die wind ingestrooi.

Soos wat die aarde sy eerste sterwenspasmas binnegaan, is menig siel ook besig
om die ewige dood in te gaan. Hiermee saam het dit ook die tyd geword vir Myne
om te ontwaak. In vele harte is daar ʼn onverklaarbare blye opborreling. Met ʼn
spontane sekerheid, begin My kinders węreldwyd te weet dat hul deel is van My
groot plan.

As My uitverkore aardsgebore engeleskaar, word nou hul oë geopen. Dit wat die węreld nou krampagtig vir hul wil bied, erken hulle vir die leë illusie wat dit is. Een
vir een begin My kinders nou nader staan, om in die beskermende kring van My Vaderarms te kan kom staan.


Openbaring 110
Leë woorde en dooie lippe.
11 September 2007 11:30
http://www.openbaringe.co.za/

Judith de Beer
Eenmaal is daar aan My gevra, "Meester leer ons om te bid"
In antwoord hierop het Ek gespreek en gesę, “en so moet julle bid”, waarop Ek die woorde van die bekende Onse Vader aan die mensdom gegee het.

Maar nog nooit het Ek ooit van die mensdom gevra om My met leë woorde en dooie lippe te aanbid nie. Ydele lofprysinge was nog altyd vir My ʼn sinnelose gruwel, waardeur niemand My nog ooit geëer het nie. ʼn Kind van My, wat tot My in gees en waarheid vanuit ʼn opregte en liefdevolle hart spreek, was nog altyd vir my een van
die grootste kosbaarhede wat daar nog ooit was.

Soveel te meer, wanneer hy sy liefdevolle gebed tot My in die praktyk omskep en ʼn medemens in nood, met die grootste deernis nader en met die middele tot sy beskikking, diensbaar teenoor sy ongelukkige minderbevoorregte naastes raak.

Ja, so ʼn kind van My, blaas ware Goddelike lewe in die goue ou woorde wat as volg
lui. "Dit wat jy aan die minste gedoen het, dit het jy aan My gedoen. Dit is wat Ek ʼn lewende gebed noem.

So ʼn kind sal Ek in hierdie tye met groot krag seën. Baie van die węreld sal in hierdie dae kom skuiling soek onder die beskerming van hierdie kragtige "wapen", naamlik die gebed van die ware opregtes.